Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kandelaars Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 680 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kandelaars Cottage is 'n selfsorg-plaashuis langs die R328, sowat 10 km van Oudtshoorn af op 'n volstruisplaas. Die kothuis is net ver genoeg van die geraas om 'n plattelandse gevoel te verleen, maar naby genoeg aan besienswaardighede in die omtrek. Dit is met liefde opgeknap en die heuwels, Kandelaarsrivier en die landerye van omliggende plase dra alles by tot dié kothuis se bekoring.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met ’n stort, die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n stort in die en suite-badkamer, en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens met 'n stort in die en suite-badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met die nodige toebehore om kos voor te berei. Die sitarea het rottangstoele en lei na 'n stoep met 'n lieflike uitsig oor die area. Aan die agterkant van die huis is 'n braai en parkeerplek is beskikbaar vir gaste se voertuie.

Natuurliefhebbers en buitelugentoesiaste kan voetslaan- en fietsroetes deur die ongerepte Karoo-landskap geniet waar voëllewe en klein bokspesies in oorvloed aangetref kan word. Die kothuis is ontwerp om deur jong en oud geniet te word, vir 'n rustige vakansie, 'n naweekwegbreek of selfs 'n vinnige oorslaap.

Natuurskoon, privaatheid en die eenvoudiger dinge in die lewe is die hart van Kandelaars Cottage en George is net so 73 km van die kothuis af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Rialene E
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ontspanned na 'n lang dag se reis. Pragtige plaas kothuis. Die varsbrood en wyn was 'n groot bederf. Ons het net een aand oorgeslaap, sou graa...
Sien meer
Aug 2024
Jetske F
Gesin met tieners
5.0
Hierdie selfsorghuis was 'n ware oase. Ruim genoeg en knus ingerig. Lieflike bed. Hierdie selfsorghuis was 'n ware oase. Ons het heerlik gebly.
Mrt 2024
Linda T
5.0
Stilte en gasvryheid in oormaat! Alles was lekker! Veral die wyn en brood, baie dankie!
Nov 2023
Carina D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ruim en netjies! Alles wat 'n mens nodig het en 'n lekker braaiplek. Netjies en ruim.
Nov 2023
Willem H
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is een van die mooiste en karaktervolste plekkies wat ons al gebly het. Skoon, netjies en baie gerieflik. Dit is lekker stil en rustig en net v...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kandelaars Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 680
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R3 680
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiplABmxUBZtwqJusZvFKGgADoyBHF8F7ar4WVaphOOzbro714E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 680 per nag, vir 8 mense 29 5 1 5 Portion 12 of the farm Gamtooberg Oudsthoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.690216072156 22.151936762396

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang