Kango Gastehuis
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eendragt Plaas, Net langs die R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R3 200 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Kango Gastehuis is op 'n plaas geleë, 48 km buite Montagu (ongeveer 1 uur vanaf Robertson), en bied rustige verblyf met pragtige uitsigte op die berge.
Dié ou plaashuis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 2 kamers het 'n dubbelbed, die derde het 2 enkelbeddens en die vierde het 'n stapelbed. Die 2 badkamers beskik elk oor 'n stort. Beddegoed en handdoeke word vir gaste se gerief voorsien.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n oond en stoof, 'n yskas, 'n vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n eettafel. Besoekers kan in die sitkamer, wat ingerig is met 'n TV en 'n binnebraai-area, ontspan. Die huis het 'n sonkamer, wat 'n uitsig oor die vrugtebome en op die berge bied. Let asb. daarop dat geen troeteldiere by Kango Gastehuis toegelaat word nie, omdat daar skape op die plaas is.
Buitebraaigeriewe is beskikbaar. Hout word op die plaas verkoop.
Jy kan jou fiets saambring en lekker rondry of selfs net stap op die plaas of in die berge.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Eendragt Plaas, Net langs die R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Kango Gastehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eendragt Plaas, Net langs die R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang