Kapteinskloof Guest Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Kapteinskloof Guest Cottage is op 'n kleinhoewe in die Weskusstreek, tussen Piketberg en Velddrif, sowat 180 km noord van Kaapstad geleë. Die kothuis skuil in die pragtige vallei van Kapteinskloof, en is een van die oudste oorspronklike opstalle van hierdie area.
Verblyf word gebied in 'n oorspronklike, bekoorlike sandveldkothuis. Meubels word eenvoudig en opgeruimd gehou om nie aandag van die volksargitektuur van die mure en die vensters af te lei nie. Die reuk van grasdak as jy instap voltooi die aardse gevoel. Die selfsorgkothuis het slaapplek vir 2 tot 6 gaste en word as 1 eenheid verhuur om gaste privaatheid te verseker. Die kothuis is losstaande van die hoofhuis. Eetgerei en breekware, badhanddoeke, linne word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke. Vuurmaakhout is beskikbaar teen R50 per sak.
Die kothuis beskik oor 'n aparte kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer, en 'n sitkamer/slaapkamer met 'n en suite-badkamer, en direkte toegang tot die kombuis. Die knus kombuis is toegerus met 'n ou Dover-stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oondjie en kookplate. Neem asseblief kennis dat daar geen TV of radio in die kamers is nie, en geen selfoonontvangs nie. Gaste kan afkoel in die fonteinwater-swembad wat in 'n bos sitrusbome geleë is.
In 1988 het die dramaturg Pieter Fourie begin om die huise op te knap, wat dateer uit 1831. Deur sy liefde en passie vir ou argitektuur en sy toewyding aan detail het hy daarin geslaag om die sandveldkarakter van die opstal te behou, wat tegelyk eenvoudig, dog bekoorlik is. . Gaste word genooi om die plattelandse leefstyl te geniet; gaan stap, bring jou bergfiets, gaan ry van die gebaande pad af, bewonder die lenteblomme, of vat eenvoudig 'n goeie boek en vind 'n plekkie onder 'n boom en laat die tyd verby jou gaan.
Troeteldierbeleid: Troeteldiere is welkom (streng volgens reëling) aangesien gaste die ander diere op die plaas in ag moet neem. Alle honde, perde en hokvoëls is die hele jaar welkom. Troeteldiere slaap binne; bring eie troeteldierbeddens, beddegoed en bakke saam. Stalle is beskikbaar vir perde. Oorweging moet gegee word aan inwonende honde, katte, voëls, perde, plaasdiere en wild. Neem asseblief kennis: Honde moet goed gedra en mag nie hoenders of katte jaag nie! Troeteldiere bly gratis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
- Gaste dink Kapteinskloof Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 6 en 18, Wittewater Plaas 93, Bergrivierdistrik, Piketberg, 7321, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang