Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karee Krans Camp & 4x4

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.5
Nelmarie O
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

'n Ware skat in die Bosveld. Dis die een plek waaroor ek nie wil skryf nie want ek wil dit eerder vir myself hou. Ons het ons tyd by Karee Krans ongelooflik baie geniet. Dis 'n Bosveld vakansie vir die boeke! Die personeel is vriendelik en behulpsaam. Die kamp is so mooi opgepas en netjies. Die diere is mooi versorg en loop gemaklik op die kamp rond. Die eienaar oom Dup kom stel homself aan jou voor en maak seker jy kort niks nie. Dit is nie net 'n besigheid vir hom nie, maar iets waarin die oom baie waarde heg. Ons het in die kloof cabin gebly en dit was perfek. Die huisie het alles in wat jy graag wil hê! Die kinders het die water baie geniet en ons het dit geniet om in die water te sit en 'n regte Bosveld sonsak te geniet terwyl die vuurtjie se vlamme eenkant dans. Wat my opgeval het, is die persoonlike afdruk wat die eienaar vir ons as gaste gelos het. Die paaseitjies in 'n mandjie, bederf koffiesakkies langs die ketel, en 'n roompie, seepie en klein shampoo botteltjies op ons handdoeke. Waar kry 'n mens dit nog en dit in die Bosveld? Karee Krans is soos die beste medisyne, die voorskif wag vir jou ook!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Nelmarie, baie dankie vir die mooi terugvoer! Ons hoop om julle gou weer te sien by Karee Krans!

Estelle R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Rus vir die siel. Die fotos op die webwerf kom nie naby aan hoe asemrowend mooi die plek is nie. Die Karee Krans Camp & 4x4 is baie goed toegerus en afgeleë, wat absolute stilte en privaatheid bied. Aandag is gegee aan die klein details soos melk in die yskas, 'n sak ys, en 'n bederfie vir die kinders en die ouers.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Estelle, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is bly julle het jul tydjie by ons geniet en hoop om julle sommer binnekort weer te sien!

Tineke H
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2024

Dit was so 'n lekker privaat plekkie gewees en alles was so mooi en skoon. Dit was so lekker gewees!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Tineke, baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons hoop om julle sommer gou weer te sien!

Sean W
Kort verblyf
5.0
Jan 2024

Awesome! Will definitely come back again. Dit is 'n pragtige plekkie in 'n besonderse ligging. Alles wat ons nodig gehad het vir 'n naweek. Die wonder van die Skeppershand is asemrowend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Nelia, bly julle het die naweek geniet! Hoop om julle sommer gou weer te sien hier by ons!

Hettie B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2024

Gerieflike huis en pragtige natuurskoon. Heerlike paar dae in die bos met pragtige natuur rondom die huis en baie voëls. Niks en niemand wat pla nie, geen geraas rondom jou. Net die plek om te gaan afsluit saam met geliefdes.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons hoop om julle binnekort weer te sien!

Sandy B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Stunning bush experience. Loved the log cabin. Such a beautiful setting right in the bush. Clean and equipped with everything we needed. Such a great getaway. Really loved the experience and will definitely be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Sandy, glad you enjoyed your stay with us! Hope to see you again soon!

Selma N
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Aug 2024

Lekker bly en ontspan. Lekker gebly. Lekker ontspan. Volgende keer probeer ons die staanplekke met private ablusie. Baie mooi oorgedoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Selma, baie bly julle het die kuiertjie geniet! Hoop om julle sommer binnekort te sien op die nuwe staanplekke!

Wynand B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jul 2024

Baie lekker in 'n mooi plek en alles wat jy nodig het. Die plek wat ons in gebly het was mooi en netjies. Daar is alles wat jy nodig het by die plek, lekker stil. Die eienaars was baie nice en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Wynand, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Bly julle het die kuiertjie geniet, hoop om julle in die toekoms weer te sien!

Johan S
Kort verblyf
4.2
Jan 2024

Rustig. Privaat. Asemrowend. Kloof Cabin was 'n lekker wegbreekplek, privaat en 'n entjie van die hoofkampterrein af. Die cabin het meer as wat mens nodig het vir selfsorg. Mense wat met 'n klein karretjie wil bly, sal ek eerder die Log cabin voorstel a.g.v. padtoestand na die Kloof cabin omdat die reën die klippe oopspoel. Hulle het wel moeite gedoen om die klipperige pad rybaar te maak sodat ons die cabin kon verlaat. Dit is 'n ideale cabin vir 'n groep wat 'n hoë kar of bakkie het.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Wondera
Karee Krans Camp & 4x4
Hi Johan, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek is bly julle het die kuiertjie geniet hier by ons, hoop om julle gou weer te sien!

Lisa C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2023

We absolutely loved it, relaxing and tranquil. The drive was amazing from Alberton and our stay was thoroughly enjoyable. We will definitely be back. Pleasant and friendly vibe felt by all!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Wondera Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 104 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf4f81936bfba994a43e9eb3d7250cb6f8b39e06baeedb5e3ef1344fe42da74f361497b69e2bbb65e6a0e9eda69cc0add7260?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Karee Krans Farm Off the N4 2835 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.57943 26.88866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang