Karee Krans Camp & 4x4
- Kapasiteit: 72 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
- Vanaf R690 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Karee Krans Camp & 4x4 is 'n pragtige plaas wat 200 hektaar beslaan. Dis 40 km vanaf Rustenburg. Dis die perfekte plek vir 4x4-entoesiaste, voëlkykers, gesinne, paartjies, skoolgroepe en natuurliefhebbers. Karee Krans Camp & 4x4 het 'n ryke geskiedenis en word omring deur die allermooiste natuurskoon. Hier kan jy kom rus en 'n ware plaas-avontuur beleef.
Verblyf beskik oor 2 houthuise en 'n kampeerplek. Daar is slaapplek vir 14 gaste. Kloof Cabin bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers. Die eerste slapakamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, sitarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond. Die eenheid het ook 'n Jacuzzi, plonspoel, stoep en 'n privaat ingang.
Die houthuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n sitarea met 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, lugversorging en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof. Die eenheid het 'n plonspoel.
Daar is 4 bosveldkampeerplekke wat met bome bedek word. Hulle deel ablusiegeriewe met 8 toilette en 8 storte. Kampeerplek 10 is 'n baie groot staanplek en is geskik vir 25 gaste. Dit het 2 badkamers. Daar is 8 kampeerplekke met hul eie privaat ablusiegeriewe. Alle staanplekke het kragpunte en die badkamers het warm water. Kinders kan hulle fietse saambring, op die hindernisbaan speel, visvang, kanovaar en in die swembad of dam met 'n glykabel speel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Wondera Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
- Gaste dink Karee Krans Camp & 4x4 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 72 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang