Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kareelaagte Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 6,4 km van die N9 af, Kareelaagte Plaas, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kareelaagte Guest Farm bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n prentjiemooi plaas langs die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg. Dié skaapplaas spog met 'n uitsig op die omliggende berge en is die ideale plek om van die stad te ontsnap.

Verblyf is beskikbaar in 2 semi-losstaande eenhede wat 'n uitsig oor die lusernland bied. Die eerste eenheid beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed, asook 'n stapelbed. Dié twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n wasbak, en gebruik 'n aparte toilet met wasbak.

Die tweede eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en stapelbed. Een badkamer het 'n stort en wasbak en dan is daar n aparte toilet met wasbak.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n ketel toegerus is. Beide eenhede het 'n stoep met ingeboude braaigeriewe en buitesitplek. Gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Lamtyd is tussen Oktober en November... dan is daar gewoonlik hanslammers wat baie lekker speelmaats is! Die plaaswerf is vol ander vriendelike diere. Ons donkies, perde en honde is mal oor aandag (bring wortels of appels saam vir die donkies en perde!)

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jason W
Saam met lewensmaat
5.0
Farm stay at its best. Baie dankie aan Francois vir julle gasvryheid en moeite, ons het vreeslik lekker gerus op die plaas.
Aug 2024
Jonathan D
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing, pet friendly accommodation in the Karoo. We had such a wonderful stay. Ideally located for our time in the Karoo and pet frien...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Willie B
Saam met lewensmaat
5.0
Die stilte was vir ons van die stad ongelooflik. Een van die beter oornagplekke op N9.
Apr 2024
Joeninne J
Gesin met klein kinders
5.0
Perfek! Wat 'n juweel! Rustig, pragtige uitsig, perfek skoon en met smaak versier. Alles wat 'n mens nodig het, word voorsien. Linne is kraakvars. Ons...
Sien meer
Apr 2024
Philip V
Gesin met klein kinders
5.0
Dit voel soos huis. Ongelooflik skoon en netjies. Goeie waarde vir geld. Ons het dit baie geniet, ligging is goed en verblyf puik.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 6,4 km van die N9 af, Kareelaagte Plaas, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kareelaagte Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 6,4 km van die N9 af, Kareelaagte Plaas, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf977b649979d1212e144ad8aaaa30efefac63ca13012df26586205f97759e36cc8755c4c06317fab0927799f2bbac6c8022?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 50 5 1 5 6.4 km from the N9 Kareelaagte Farm 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -31.888134556557 24.713315963745

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang