Kareeplaas
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareefontein-plaas, Philippolis, 9970, Vrystaat
- Vanaf R5 700 per nag, vir 15 mense
Beskrywing
Kareeplaas is op 'n beesplaas sowat 30 km vanaf Gariepdam en is net 23 km vanaf die N1. Die huis is teen die voet van die 'n heuwel gebou en bied 'n asemrowende uitsig oor die vlaktes.
Die huis het slaapplek vir 15 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n koningingrootte-bed het. Albei kamers het 'n en suite-badkamer wat elkeen 'n stort het, en een het ook 'n bad. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is 2 solderkamers, met 'n kongingrootte-bed en 2 enkelbeddens en 2 ekstra matrasse onderskeidelik. Die derde badkamer het 'n stort. Die vierde badkamer het 'n hoekbad en -stort.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 10 gaste en die sitarea het 'n gemaklik sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Die oond kan verkieslik slegs deur die dag gebruik word omdat ons van sonkrag gebruik maak en nie die batterye wil dreineer snags nie, vir die gaste se eie onthalwe
Die huis het 'n groot ingeboude braai-area en 'n kaggel. Daar is ook 'n buitebraai. Die motorhuis het parkeerplek vir 4 voertuie en buite is daar 'n waskamer.
Daar is 'n swembad gebou in die berg naby die huis.
Die ligging is ideaal vir gaste wat wil visvang by die Gariepdam en die Oranjerivier. Kunsvlieghengel kan gereël word by eksklusiewe plekke langs die rivier.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Ekstra enkelmatras
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Wildkyk
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Renier Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kareefontein-plaas, Philippolis, 9970, Vrystaat
- Gaste dink Kareeplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Transgariep Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareefontein-plaas, Philippolis, 9970, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang