Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karibu River Retreat

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karibu River Retreat en Game Lodge is in 'n stukkie bosveldparadys weerskante van die Elandsrivier, 18 km vanaf Marble Hall. Dit bied gerieflike verblyf aan sakereisigers, kontrakteurs, vakansiegangers en oornaggaste. Karibu River Retreat is ook slegs 15 km vanaf Siyabuswa waar die satelietkampus van die Universiteit van Mpumalanga is.

Die River Retreat aan die een kant van die rivier bied slaapplek vir tot 18 gaste in 5 eenhede wat smaakvol versier is. Al die eenhede beskik oor ’n privaat badkamer, satelliet platskerm-TV, yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, toiletware, 'n haardroër en plafonwaaier. Daar is ook 'n sakpas-tweeslaapkamereenheid wat 'n badkamer deel en het 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea. Die River Retreat kan ook as 'n geheel bespreek word vir gaste wat 'n privaat funksie saam met familie of vriende wil geniet.

Die swembad, boma, lapa en binnebraaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik. Gaste kan ook hul eie vleis by die kampvuur braai.

Karibu River Retreat het WiFi en 'n omsetter vir tydens beurtkrag.

Aan die oorkant van die Elandsrivier, kan gaste op die wildsplaas in 4 selfsorg-chalets bly wat geposisioneer is om die watergat te sien waar diere kom drink. Elke chalet het 'n goed toegeruste kombuis met ’n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en die nodige kombuisware, privaat braaigeriewe en 'n heerlike patio. Die chalets het ook plafonwaaiers en gasgeisers. Hiér is nie tans WiFi of 'n rugsteunkragstelsel nie. Die omsetter voorsien slegs krag aan die boorgat en drukpomp vir watertoevoer.

Gaste kan gaan stap, bergfietsry of met hul eie voertuie wildkyk. Daar is meer as 50 voëlspesies op die plaas en 3 damme vir visvang.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Theuns L
5.0
Gerieflik en ontspannend. Baie gerieflik, skoon en netjies. Pragtige uitsig met bome en 'n dam. Vriendelike diens. Ek sal weer van die verblyf gebruik...
Sien meer
Jan 2024
Stella L
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n ongelooflike ervaring. Dit is 'n pragtige plekkie in die bos. Dit was 'n ongelooflike ervaring. Dit is 'n pragtige huisie en mooi netjies m...
Sien meer
Des 2023
Matebesi N
Gesin met klein kinders
5.0
We saw different types of animals and the place was also great. Karibu River Retreat was great because it was raining, but we had our b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Marius F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig. Ontspan lekker in stilte. Rustige bosveldatmosfeer, veilig en baie vriendelke mense. Sal weer binnekort bespreking maak. Dankie aan Hilda...
Sien meer
Okt 2023
Erhard S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig as jy hou van stilte om jou. Ons het slegs oornag na 'n dag op die golfbaan en vroeg weg vir die Sondag se rondte golf. Sal graag meer wou...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Deel J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
  • Gaste dink Karibu River Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Limpopo
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPMjqg1ST32jk6GscWBQOYDy65hl2yukln97kReyHEr4TrZdAYK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Portion J63 Toitskraal 0450 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.028353825117 29.151533353741

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang