Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KarooRus

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

In die hartjie van Graaff-Reinet staan KarooRus, 'n pragtige, opgeknapte huis wat 7 selfsorg-eenhede bied. Ongeag of jy vir plesier of besigheid die dorp besoek, bied KarooRus 'n plek waar jy kan rus en jou batterye herlaai in luukse, sonder om jou sak te ruk.

Daar is 7 luukse selfsorg-eenhede. Elke eenheid het sy eie ingang. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, braaigeriewe, en daar is 'n rolstoelvriendelike eenheid beskikbaar.

Elke eenheid het lugversorging, 'n kombuisie en ontbythoekie met kooktoebehore en eetgerei, 'n mikrogolfoond en tweeplaatstofie, komplimentêre tee en koffie, 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n koningingrootte-bed en/of enkelbeddens, duvets, lakens, sponskussings en ekstra komberse, handdoeke, 'n platskerm-TV met DStv, 'n haardroër, klerekas en radiowekker.

Graaff-Reinet is 'n sonderlinge dorpie in die Karoo met genoeg oulike winkels, restaurante en museums om jou vir dae besig te hou. Die dorp word omring deur 'n natuurreservaat en dit dra by tot die kalmte wat in die dorp heers.

KarooRus is in die hartjie van Graaff-Reinet geleë. Die meeste restaurante, museums en winkels is net 5 minute se stap ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 293 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marius B
Gesin met tieners
5.0
Gemaklik en rustig. Bly altyd lekker by KarooRus. Altyd skoon en netjies.
Des 2024
Clarissa H
Gesin met tieners
5.0
Heerlike oornag plek. Sal definitief weer daar bly. Skoon, netjiese en ruim plek. Goed toegerus.
Des 2024
Annalie H
Saam met vriende
5.0
Heerlik en gemaklik. Skoon, netjies en alles wat jy nodig het.
Des 2024
Jaco N
5.0
Heerlik gebly. Het heerlik gebly! Kamer was skoon en goed toegerus. Die eienaar het die oggend van die bespreking al die nodige inligting op WhatsApp ...
Sien meer
Des 2024
Susan N
Gesin met tieners
5.0
Skoon, netjies en veilig. Soos altyd skoon en netjies. Kon lekker braai - geriewe beskikbaar sowel as hout en ander benodighede. Bespreek al vir die a...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Bennie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 336

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink KarooRus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 93, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12106b183b3dd2864b60dc6e344142fb613f4c8383afae68e4230ae5e109bc4b504111d85329b79b6001329807dad200f3fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 293 5 1 5 93 Middle Street Graaff Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.255552327906 24.532309770584

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang