Karridene Muizenberg Manor
Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hillcrest-weg 9, Muizenberg, 7750, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 000R2 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Karridene Muizenberg Manor is 'n bekoorlike selfsorghuis in Muizenberg wat teen die berghang geleë is en 'n pragtige uitsig oor Valsbaai spog. Hierdie Kaaps-Hollandse huis het moderne geriewe en is die ideale wegbreek vir gesinne of vriende.
Dié verblyf bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Twee van die badkamers het elk 'n stort en die derde badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, koffiemasjien, broodrooster, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die eet- en sitarea het gemaklike sitplek en die hoofsitarea het 'n binnenshuise kaggel, terwyl die tweede sitarea 'n skouspelagtige uitsig oor Muizenbergbaai het. Daar is ook 'n klein studeerkamer wat ook as 'n joga-kamer gebruik kan word en beskik oor 'n lessenaar, joga-mat, gewigte, natuurlike lig en 'n wonderlike uitsig oor die baai. Vir vermaak is 'n TV en gratis WiFi beskikbaar.
Die hoofsitarea lei na 'n stoep met gemaklike sitplek en draagbare braaigeriewe. Gaste kan met die voorste trappe afstap om die inheemse tuin te besoek. Die buitelugarea spog met 'n skouspelagtige uitsig, braaigeriewe, buitetafel, sonsambreel en 'n kinderspeelarea met 'n speelhuisie, glybaan en 'n geplaveide paadjie wat perfek vir fietsry is.
Hierdie verblyf is stapafstand vanaf Muizenberg se strand en is net onder die berg wat ideaal vir stap of draf is. Benewens die strand, is geriefswinkels, restaurante, St. James en Kalkbaai ook stapafstand of net 'n entjie se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderstapelbed
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Hillcrest-weg 9, Muizenberg, 7750, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Muizenberg Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hillcrest-weg 9, Muizenberg, 7750, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang