Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karula Hotel

  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R538 116, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karula Hotel is in die skilderagtige dorpie, Witrivier, geleë. Dis sowat 20 km noord vanaf Mbombela (Nelspruit). Karula bied gerieflike verblyf as 'n basis vir die verkenning van die omliggende areas, 'n lafenis vir ontspanning, of as 'n oorstopplek vir sakereisigers. Die hotel se uitstekende geriewe maak ook van Karula die ideale konferensie-venue.

Sportgeriewe op die perseel sluit in 'n swembad, tennis en 'n biljartkamer. Rolbal, gholf, muurbal en hengel kan naby aan ons beoefen word. Die Witrivier area bied talle aktiwiteite vir diegene wat net rustig die area wil verken, maar daar is ook meer uitdagende aktiwiteite vir avontuurlustige gaste. Daar is onder meer wildritte, witwatervlotvaart, abseil, mikrovliegtuigritte of selfs ritte in 'n lugballon. Die Casterbridge winkelsentrum is nabygeleë en daar is 'n motormuseum, talle boetiekwinkels en 'n kunsfilmteater.

Die Karula Hotel is al vir meer as 34 jaar in die bekwame hande van die Richardson-familie. Tom, Chandy en hul vriendelike, behulpsame personeel is gereed om mooi na jou om te sien.

Akkommodasie:
Hierdie hotel is 'n tuiste weg van die huis en bied gerieflike akkommodasie vir sakelui en vakansiegangers. Al 47 slaapkamers is in ons lieflike tuin-omgewing geleë, elk met sy eie privaat badkamer, telefoon en TV met beperkte DStv-kanale, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Lugversorging is beskikbaar in die Deluxe-kamers, terwyl die standaardkamers elk dakwaaiers bied.

Restaurant en kroeg:
Jy kan jou dag reg begin met 'n volledige Engelse Ontbyt by ons restaurant. Saans sal ons sjef jou bederf met 'n smullekker vyfgangmaaltyd in die table d'hôte-styl.

Skemerkelkies word op die terras en die patio bedien met 'n uitsig op ons lieflike tuine in die somer, of voor 'n lekker kaggelvuur in die kroeg in die winter. Ons vriendelike kroeg het 'n warm atmosfeer waar jy jou gashere kan ontmoet, mengeldrankies kan geniet, of 'n wedstryd saam met vriende kan kyk.

Konferensiegeriewe:
Ons konferensiegeriewe is gerieflik en ten volle lugversorg. Ons kan tot 55 afgevaardigdes akkommodeer in skoolkamer-opset, of 30 afgevaardigdes in 'n U-vorm opset.

Karula is slegs 32 km van die Kruger Wildtuin af, 12 km vanaf Kruger Internasionale Lughawe en 8 km vanaf die Witriver Gholfbaan. Ons is ook naby aan plekke soos die Blyderivier Canyon, Bourke's Luck Potholes, God's Window, Mac Mac Watervalle en die bekoorlike myndorpie, Pelgrimsrus.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Chandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R538 116, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Karula Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R538 116, Witrivier, 1240, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACStVrGcvlqlRj0FKFBlDQrSC0wPrhWHPLMMQNuKjqnx7BYOMEa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 116 R538 White River 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.322743362482 31.037668436766

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang