Kasteel B&B
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langdownstraat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kasteel B&B bied gerieflik gemeubileerde B&B-verblyf in Plettenbergbaai.
Die gastehuis bied gaste 'n keuse van 3 kamers wat tussen 2 en 4 mense kan akkommodeer asook 'n selfsorg-eenheid. Die kamers is ingerig met gemaklike beddens en maak gebruik van aparte badkamers met baddens, storte en toilette. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Elkeen van die kamers is toegerus met 'n waaier, tee- en koffiemaakgeriewe, en komplimentêre koffie, tee, suiker en melk word soggens en saans voorsien.
Gaste het 'n kombuisie wat vir ligte maaltye gebruik kan word en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n broodrooster. 'n Gemeenskaplike sitkamer met 'n TV, WiFi-toegang is beskikbaar, 'n snoekertafel en 'n veerpyltjiebord is beskikbaar vir gaste om te gebruik.
Die selfsorg-eenheid beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Alle beddegoed en handdoeke word twee keer per week voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, 'n ketel, 'n yskas-vrieskas, 'n broodrooster, breekware en eetgerei.
Gaste kan ook ontspan op die balkon wat met ligstoele en sambrele ingerig is, en van die beskikbare braaigeriewe gebruik maak. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir elk van die kamers.
Kasteel B&B is 1 km vanaf Lookout Beach geleë, en Plettenbergbaai bied verskeie restaurante, kafees en winkels en doendinge wat wissel van voetslaan, perdryroetes, walvis- en dolfynkyk, seekajak, en vir die meer avontuurlustiges, rekspring by Bloukransbrug . Gaste kan ook die Roofvoël-rehabilitasie- en -bewusmakingsentrum, Birds of Eden, Noah's Park & Wolf Sanctuary, en meer besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Bennie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Langdownstraat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Kasteel B&B het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langdownstraat 8, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang