Katberg Gordonsbaai
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bergstraat 29, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Katberg is in Gordonsbaai geleë, 3 strate vanaf die see en naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.
Die tarief sal aangepas word vir meer as 6 gaste en afslag sal aangebied word vir minder as 6 gaste.
Dié huis beskik oor 2 privaat slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes met kinders. Die hoofslaapkamer het 'n luukse koningingrootte-bed en die ander kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Daar is 'n stapelbed in die derde kamer.
Die badkamer het ‘n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook ‘n aparte toilet in die hoofslaapkamer. Waaiers is beskikbaar in die kamers, sit- en eetarea.
Die oopplan-kombuis en -eetarea het ‘n oond, stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Daar is 'n Lava Fires-binnebraai en Weber-braaigeriewe buite. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en strykgeriewe.
Die Ooskuskombuis bedien vars vis en Katberg is ook naby ander restaurante teen die kus en by die hawe.
Aktiwiteite in Gordonsbaai sluit swem, voetslaanroetes, bergklim, visvang en uiteet in. Gaste kan nabygeleë dorpe soos die Strand, Somerset-Wes, Kleinmond, Hermanus en Kaapstad verken. Stellenbosch is naby as gaste die Wynlande wil besoek.
Gratis WiFi en Netflix beskikbaar en gaste kan hul eie kaart vir DStv saambring. Daar is ook 'n omsetter om beurtkrag te verlig.
Parkeerplek onder 'n skadunet is vir 'n voertuig en 'n boot beskikbaar aan die voorkant van die huis. Die skadunet is 3 m hoog.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Hanli Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Bergstraat 29, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Katberg Gordonsbaai het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bergstraat 29, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang