Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kathu Inn

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Ansie V
1 nag Besigheidsreis
5.0
Mrt 2023

Lekker gebly. Ons mense het lekker gebly en sal weer daar oorslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Country
Kathu Inn
Hi Ansie Thank you for the great review. I am extremely glad you had a great experience. If there is any way we can make your next visit even better, feel free to let us know.

Celesti P
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Sep 2024

Wonderlik. Dit was lekker om daar te bly.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Country
Kathu Inn
Hi Celesti Dankie vir die tyd om vir ons 'n resensie te los. Ek is baie bly dat julle lekker gebly het en ek hoop om julle sommer gou weer hier by ons te ontvang. Voorspoedige reis vir julle verder.

Anita V
1 nag Saam met vriende
3.8
Jul 2024

Lekker geslaap. Die beddens is baie gerieflik. Ons het lekker gebruik gemaak van kamer nr. 41. Ons het nie teelepels gehad nie, en die laai was ook gebreek. Nr. 42 het net een gehad.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Country
Kathu Inn
Hello Anita Ek is baie bly julle het lekker geslaap. Ek vra groot om verskoning vir die teelepels, asook vir die gebroke laai. Dis onverskoonbaar. As julle weer 'n draai kom maak, laat my weet, dan maak ek op vir daardie gebroke laai. Lekker dag verder Gilbert Brown

Pieter O
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2021

Lekker kos en ’n rustige omgewing. Werklik aan te beveel as ’n stop op pad verder in die Noord-Kaap in - lekker kos en rustige omgewing.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Pest Control Specialists West Coast J
1 nag Saam met lewensmaat
2.2
Feb 2021

Slegte ervaring in Kathu Inn. Ek en my man het oorgeslaap by Kathu Inn. Ons bespreek gereeld op die webtuiste om te verseker ons kry waarde vir ons geld. Op die oog af volgens die webtuiste het die inligting en foto's voorgekom as ordentlike, netjiese, goeie, gemiddelde akkommodasie wat 100% was vir ons behoeftes vir een nag. Ons was baie moeg na 'n hele dag op die pad en daarby onaangenaam verras met die swak diens en akkommodasie by Kathu Inn toe ons laatmiddag daar arriveer. Met aankoms het my man met ons uitdrukstuk vanaf die webtuiste by ontvangs aangemeld en was 'n kamer aangewys waarnatoe ons dadelik gery het en begin bagasie indra. Ons het na die indra vinnig opgemerk dat daar 'n dubbelbed is wat effens klein lyk vir ons 2, dat die vertrek karig gemeubileerd was en dat dit nie baie skoon lyk nie, maar daarmee sou ons nog kon regkom omdat ons so moeg was. Wat vreemd was, was dat daar slegs 1 glas en 1 koffiebeker in die kamer is. Ek bel toe dadelik ontvangs en vra dat hulle vir ons nog 'n stel bring aangesien ons 2 mense is. Groot was ons ontnugtering toe die ontvangsdame vir my sê: "But you've booked online so I presumed that there will only be one person". Ons kan nou nog nie die konneksie vind tussen 'n aanlynbespreking en dat dit dadelik beteken dis slegs 1 persoon is nie, maar ons was toe gevra of ons wil skuif na 'n kamer vir 2 persone wat ons vanselfsprekend dadelik aanvaar het. Al die bagasie moes ons toe weer terugdra na ons motor toe en toe kon ons na die ander kamer heel aan die einde van die geboue ry. Ons was toe reeds ongelukkig oor die swak diens sover. Soos ons ry na die ander kamer toe het ons dadelik opgemerk dat die geparkeerde voertuie van die ander gaste waarby ons verbyry, kontrakteur/werksvoertuie is volgens die handelsmerke en tekens op die voertuie. Die dubbelkamer was toe op die 2de vloer en ons merk toe op met die opdra van ons bagasie dat die trappe baie vuil is asof dit nie onlangs skoongemaak was nie. Die kamer was toe wel uitgerus vir 2 mense waaroor ons verlig was, maar die vertrek was ook afgeskeep, karig gemeubileer, die stort se dreinbedekking was stukkend, die TV was nie meer vas teen die muur voor die bed waar mens gemaklik sou kon TV kyk nie, maar links eenkant op die enigste klein blad waar ons graag sou wou besigheid afhandel op die laptop. My man moes toe op die bed werk wat dit ongemaklik gemaak het. Die bedkassie wat aan die vensterkant moes wees, was uitgeskuif tot langs die kassie waarop koppies staan. Ons moes dit self langs die bed inskuif sodat ek die nodige kon neersit vir die nag. Die vertrek was netjies, maar dit was nie mooi skoon nie, ook geen kantgordyne of blinds nie soos die ander kamer en die bed was regtig baie hard, wat veroorsaak het dat ons baie min slaap gehad het daardie nag. Die ontbyt was eetbaar. Dit was 'n onaangename ervaring vir ons vir die 1ste nag van ons reis na Gauteng toe vir 'n begrafnis, wat ons verkieslik nooit wil oorhê nie en beslis vir niemand sal aanraai nie. Ons voorstel is dat die webtuiste hierdie akkommodasie, 'Kathu Inn' verkieslik van julle lys afhaal om toekomstige gaste van hierdie ervaring te spaar sodat hulle ander gastehuise in Kathu probeer of eerder aanry tot die volgende ordentlike akkommodasie in 'n ander dorp. Of die ander alternatief is dat die webtuiste duidelik op die webtuiste op hierdie akkommodasie aandui dat dit 'kontrakteurverblyf' is. Uit jare se oorslaap by verskillende akkommodasietipes, weet ons uit ondervinding dat kontrakteurs-akkommodasie nie op die graderingsvlak is van byvoorbeeld die gewone 3 ster-tipe akkommodasie vir toeriste of ander gaste nie. Die onderhoud, linne, netheid, higiëne, afwerking en aandag aan gemak en fyner besonderhede van kontrakteur-akkommodasie is net nie op dieselfde vlak as toeriste-akkommodasie nie. Alhoewel die diens darem nog altyd op standaard was met wie die webtuiste gekoppel is. Hierdie was die heel eerste keer in jare wat ons deur die webtuiste akkommodasie bespreek het wat ons teleurgesteld was in die plek en die diens. Ons is nie mense wat maklik kla nie, maar dit was so erg vir ons dat ons dit moes noem.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Ben F
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2020

Skoon en netjies. Aanbeveelbaar vir oorslaap vir seker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lieb L
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2018

Vriendelike diens. Vriendelike diens. Lekker kos en 'n lekker oornagplek op pad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Country
Kathu Inn
Liewe Lieb, Dankie vir die wonderlike terugvoer, dit word die meeste waardeer. Hartlike groete van Michael en die Kathu Inn-span.

Antoinette V
1 nag Saam met lewensmaat
2.6
Jan 2018

Ek sal nie Kathu Inn vir my vriende aanbeveel nie, hoewel die ligging goed is. Miskien as jy vir besigheid hier moet oornag sal dit meer aanvaarbaar wees, maar vir iets ontspannend sal ek dit nie aanbeveel nie. Ons het hier oornag op pad terug van die Wes-Kaap na Gauteng en die ligging was vir ons perfek. Hier was baie Telkom-werkers ingeboek op dieselfde tyd as ons en dit was baie raserig tot laat in die aand en weer vroegoggend. Of dit hulle was of ander gaste weet ek nie. Ek verstaan dat bestuur dit nie kan beheer nie, so ek noem dit net. Die kas in die kamer het so sleg geruik na rook dat ons nie ons klere daarin kon pak nie. Ons het egter die kombuisie en yskas baie handig gevind. Sal dalk voorstel dat daar 'n spieël is waar die muurproppe is sodat jy jou hare kan droogblaas. Die stortkop was baie swak en half verstop. Die ontvangs was baie vriendelik en die ontbyt was heel aanvaarbaar. Moenie Springbok Inn verwag nie, hierdie is in 'n ander kategorie. Hoop dit help voornemende gaste.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0
Country
Kathu Inn
Dear Antoinette Kathu Inn is both a business hotel and a stopover for tourists, we welcome all guests that need a place to lay their head. The water pressure, as well as the quality of water in Kathu, is very difficult to manage, but we do our best to ensure excellent service to our guests.

Bruwer L
Kort verblyf Besigheidsreis
1.8
Mrt 2018

Tragies. Geblokte stortkop, WiFi wat nie opvang nie. Uiterse klein kamers met niks spasie om te werk. Aircon was buitewerking. Handdoeke en beddegoed nie wit nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Country
Kathu Inn
Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat ervaar word, aangesien ons nie jou verwagting gelyk het nie. Enige probleme moet onmiddellik aan die balie of die algemene bestuurder gewees het wat 'n beter verblyf sou verseker het.

Theo N
Kort verblyf
5.0
Okt 2017

Amazing breakfast, friendly staff. Exactly the spot for business in Kathu. Very efficient laundry service and great staff.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Country
Kathu Inn
Dear Theo, Thank you for taking the time to leave us such a wonderful review, your feedback is much appreciated and we hope to see you again soon.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Country Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 422

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 790
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 124 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cawood-rylaan 1, Bestwood Landgoed, Kathu, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOWLFzpxDV7lWNfUW6xRu2bIpSvlzSpYk8z2h3NdNO5Mff3RNlv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 1 Cawood Drive Bestwood Estate 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 00:00-23:00 10:00 -27.711994848097 23.072474581581

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang