Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rustenzicht

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Marizelle P
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2024

Beste plek in Noord-Wes! Dit was amazing! Klein en groot kinders en almal het dit geniet. Die eienaars is super oulik. 10 uit 10 diens. Uit hul pad gegaan om ons te laat welkom voel en 'n vrek lekker atmosfeer geskep. Sal dit beslis aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adri V
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Lekker ontspanned. Die naweek was heerlik, die verblyf was gerieflik en netjies. Alle personeel was vriendelik en baie behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Juliana O
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Lekker kuier plek. Baie lekker gebly en almal was vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Floris S
Kort verblyf
4.8
Aug 2024

Wonderful and peaceful. We had a wonderful time. The staff was extremely helpful and friendly!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2024

Ons het baie lekker gerus en sal definitief weer daar plek bespreek. Ek en my vrou het 'n wegbreek gekort net om ons batterye weer te laai en Rustenzicht was die ideale plek gewees. Vanaf die aankoms tot ons vertrek was ons gelukkig gewees met die diens wat Odette en die span gelewer het. Ons was telefonies ingelig rakende ons bespreking voor die tyd sowel as op die dag wat ons moes opdaag, en vroegtydig het hulle ons in kennis gestel dat die lugversorger probleme gee wat in ons kamer is en dat die tegnikus reeds daar is om die probleem uit te sorteer. Toe ons daar aankom, was dit reg gewees en die kamer lekker koud. Ons sal weer in die hout huisies bespreek met die bos kombuis wat tot jou beskikking is. Twee van die drie huisies het hulle eie braai area wat dit meer gerieflik maak. Ek dink dat daar beplan word om die derde hout huisie ook sy eie braai area te bou wat awesome sal wees. Die roete agterom die huisie moet ook net skoon gesny word sodat 'n SUV voertuig langs die huisie kan parkeer, en dan moet daar miskien gekyk word om 'n klein kroeg yskassie in elke hout huisie te sit. Ek dink daar is genoeg spasie in die huisies vir dit.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Athi M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Apr 2024

A lovely relaxing time with the family. We spent three nights at the Nsimbi private cottage. It was well equipped for our family of five. Please install WiFi in that unit, and then it will be perfect.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anri L
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Apr 2024

We enjoyed the peace and quiet a lot. The area was very quiet and the rooms are very nice. We didn't see much of the facility as we checked in late and left early. The side we stayed and saw was very lovely!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Riaan K
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2023

Alles was reg met aankoms. Slapplek was reg en almal was tevrede met die verblyf. Eienaar / bestuur / personeel was almal baie vriendelik. Sal vir seker weer daar bly. Baie lekker eenkant om die vuur gekuier tot laat waar ons nie ander mense kon gepla het nie. Ons eie "gedeelte" gehad om te kuier. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsje J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

Heerlike, rustige kuier net om die draai. Kaya-Inkuni lê tussen Rustenburg en Swartruggens ongeveer 3km van die N4 af. Net by die wegdraai van die N4 af na die lodge, is daar 'n garage, restaurant, drankwinkel en winkel as mens dalk peuselgoed of drinkgoed nodig het. Die grondpad tot by die hek is uitgery tydens reën en vol slaggate, maar daar is genoeg rybare gedeeltes dat 'n gewone sedan daar kan ry. Dit beteken nie dat die pad altyd so lyk nie, maar net hoe ons dit ervaar het. Van die hek tot by die lodge self is die pad goed onderhou en maklik rybaar. Die lodge skuil tussen berge wat dit omring en lieflike plante en bome. Die fasiliteite is uitstekend en alles buiten swemhandoeke word voorsien, maar ek seker Laetitia, die gasvrou, sal daarvoor ook 'n plan maak met haar oog vir detail en hoe sy gaste gemaklik kan maak. Met ons aankoms het sy ons vriendelik en met grasie ontvang en ons sommer opgradeer na die wittebrood-suite. Hierdie is 'n lieflike selfsorgeenheid met 'n stort en bad waarvoor ons baie dankbaar was na 'n lang staptog wat ons die plaas deurkruis het op 'n lieflike gemerkte roete en sommer oral teen die berg uit tot by die uitkykpunt op duidelike paaie. Laetitia se spa op die perseel was 'n heerlike stilword oase waar sy die seer spiere baie professioneel uitmasseer het. Die beurtkrag is maar iets waarmee ons almal saamleef, maar indien verkies, sal Peet die kragopwekker aansit teen 'n bedrag wat baie redelik is. Self het ons die donkerte gebruik om 'n vuur aan te steek en te braai en kuier en lees. Ons beveel wel aan dat kuiergaste flitse en ligte saamneem vir wanneer beurtkrag intree, maar andersins is die lodge helder verlig. Die WiFi sorg dat mens in kontak met wêreld kan bly as mens wil. Die lapa, swembad en ander gedeelde geriewe is pragtig, gerieflik (mens kan sien dat daar met oorsig beplan is hoe om in gaste se behoeftes te voorsien), netjies en die hane en eende wat kom inloer het vir ontbyt langs die dam met 'n spuitfontein as agtergrond, dra by tot die rustige atmosfeer op hierdie unieke kuierplek binne 2ure van Johannesburg en Pretoria af. Dankie vir 'n heerlike naweek en lekker gesels, maar ook die ruimte wat julle geskep het waar ons net weer kon asemhaal. Ons beveel Kaya-Inkuni graag aan en hoop om gou weer n kuier daar in te pas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Celeste W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mrt 2023

Relaxing, quiet, beautiful. Beautiful scenery. Very relaxing. Felt safe - we had Tyson looking after us, so we felt at home and very safe.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Carlo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R1 200
R1 200 R1 020
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
R1 200 R1 020
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wysfontein 427, Moedville, Rustenburg, 0348, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3fb8af4682ec4a33e63291f4c9fccacc4c20fd713e126874959086dc1bebae3e4f128624811927632d1699059ce75058d821?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 020 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 427 Wysfontein Moedville 0348 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.648996180147 26.98665477367

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang