Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KayanZee Lodge

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gideon F
Kort verblyf
3.8
Des 2023

Verblyf was gemaklik. Vir 'n groot groep sou meer storte gemakliker gewees het, i.p.v. badens in kamers. Kamers was oor die algemeen skoon, net baie insekte in die kamers. Aanwysings om die oond aan te sit sou gehelp het. Trappe by die boonste kamer moet gereeld nagegaan word om ernstige beserings te voorkom. 'n Aparte vrieskas kan baie help, veral met groot groepe wat te min vriesplek vir vleis en ys het. Watertoevoer na die badens is baie stadig. 'n Waaier in die leefarea sal help in die somer. Die dak lek water in die leefarea as dit reën en drup op die eettafel.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Stefna
KayanZee Lodge
Hello Gideon, baie dankie vir jou voorstelle - ek waardeer dit opreg. Ek neem kennis daarvan en sal verseker die aanbevele idees oorweeg en waar moontlik toepas. Die volgende sal aandag geniet: watertoevoer na die baddens, die trap meer gereeld nagaan, oondinstruksies opsit, ens. Groter yskas en waaier sal in plek kom. Ons het 'n groot storm gehad in Desember en waar nodig probeer om betyd die dak reg te maak om ongerief te voorkom. Jammer dat dit steeds gedrup het. Ons is tans besig om die hele dak oor te kam na die storm. Die tyd tussen julle aankoms en die storm het ons net ingehaal. Insekte by die rivier is die natuur. Dus is dit noodsaaklik om die ligte af te hou en deure toe te hou. Insekdoder is ook orals in die kamers beskikbaar. Ons spuit ook voor elke gas se aankoms insekdoder. Nogmaals dankie - ek waardeer positiewe terugvoer, en sal verseker daarvan werk maak. Groete Stefna

Johnny E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Fantasties. Kan nie anders as om volpunte te gee nie. Ongelooflikke plek. Ons as familie het net almal die grootste lof vir die gasvryheid en gerief wat ons ervaar het. Kon ook my kleinkinders leer visvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Hallo Johnny, baie dankie vir jou mooi boodskap. Dit lê warm onder my hart. Ons hoop om julle gou in die toekoms weer te sien. Stuur groete vir almal. Stefna

Daleen V
Kort verblyf
4.6
Jan 2022

Perfect place for a few days away fishing. Host were awesome and very helpful. Some beds needs replacing but otherwise rooms were nice and spacious. The fact that the fishing is right on your doorstep was awesome.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Stefna
KayanZee Lodge
Daleen, thank you for your review. We appreciate it and will definitely attend to our beds. Hope to see you again soon. Stefna

Angie N
Kort verblyf
4.2
Des 2022

Rustig. Weereens heerlik gebly, netjiese en skoon verblyf op die rivier.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Stefna
KayanZee Lodge
Angie, baie dankie vir jou mooi terugvoer. Dit word opreg waardeer, en dit is altyd lekker om julle by ons te akkommodeer. Ek hoop om julle weer tydens julle volgende besoek in S.A. te sien. Geniet 2023 baie, en ek hoop dit is vir julle 'n mooi en voorspoedige jaar. Baie liefde.

Anel K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2021

Was rustige wegbreeknaweek saam familie, net te kort. Ideaal geleë langs die Vaalrivier. Ontspanne atmosfeer, ons het heel tuis gevoel. Gerieflik en baie netjies ingerig. Pragtige aparte kamers. Ideaal vir families/vriendekuiers langs Vaalrivier en ook lekker verrassing om wild te kon sien. Ons sal vir seker in somer weer wil gaan om swembad ook te kan benut.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Baie dankie vir die mooi resensie.. Dit lê my na aan die hart. Ons sien julle hopelik in die somer weer.

Elsje V
Kort verblyf
5.0
Apr 2021

Beste familievakansie in 'n lang tyd. Dit is 'n vreeslike oulike plek waar mens lekker kan kuier, die kamers is baie mooi en netjies alles wat mens nodig het is daar. Die kombuis is ten volle toegerus, die TV kamer is gemaklik vir die kinders gewees. Ons gasvrou was baie behulpsaam en vriendelik en het elke dag kom seker maak dat alles in orde is en of ons iets nodig het. Ons vakansie was heerlik ons wou nie terugkom nie. Die ligging is perfek. Ons kom definitief weer kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Liewe Elsje, baie dankie vir jou mooi boodskap. Dit lê my baie na aan die hart, en is vir my altyd heerlik om sulke vriendelike gaste by ons te akkomodeer. Ek hoop ons sien julle sommer gou weer.

Angie N
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2021

Lekker visgevang! Netjiese en skoon akkomodasie op die oewer van die rivier. Die perseel word gedeel met die eienaars.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Baie dankie vir die mooi kompliment. Dit word opreg waardeer.

Christo A
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2020

Baie lekker gekuier saam met vriende. Kayanzee Lodge het aan al ons verwagtinge voldoen. Ons gasvrou was baie vriendelik en die fasiliteite eersteklas. Die ligging reg langs die Vaalrivier is puik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Christo, baie dankie vir die mooi boodskap wat 'n riem onder my hart is. Ek waardeer dit regtig baie, en hoop om julle sommer gou weer te ontvang. Baie groete vir almal Stefna

Michael G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Feb 2020

Wonderlike mense en plek. Veilig, mooi versorg, en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Michael, baie dankie vir die mooi terugvoer. Ek waardeer dit opreg. Stefna

Leyandre M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2019

Wat 'n wonderlike plek! Stukkie Hemel op aarde. Dit was 'n ongelooflike lekker wegbreek. Pragtige, rustige plek. Perfek vir rus, uit die geraas en gejaag. Sal definitief gou weer gaan. 5 sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stefna
KayanZee Lodge
Leyandre, baie dankie vir jou mooi resensie vir Kayanzee. Ek waardeer dit ongelooflik baie. Dankie dat julle sulke spesiale gaste vir Kayanzee is, en dat ons julle kon ontvang. Hoop ons sien julle sommer spoedig weer. Stefna

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Stefna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R4 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R4 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemansdrift-weg, Jumanji 17, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhJAYxnVIl3EEbdAFvqbXGjIsniDc7yPPgxfnzDKQiE6kujGpJn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8) 17 5 1 5 Schoemansdrift Road Jumanji 17 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.927705393622 27.402447271164

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang