Keerweder - A Place of Homecoming and Tranquility
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 16 Apr 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennehof-straat 20, Riebeeck-Wes, 7306, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 000R667 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Keerweder - A Place of Homecoming and Tranquility bied gerieflike verblyf in Riebeek-Wes.
Die naam "Keerweder" is 'n ou Afrikaans-Hollandse term en verwys na 'n plek waarheen 'n mens die heeltyd wil terugkeer.
Dié dubbelverdiepinghuis, Keerweder - A Place of Homecoming, het 'n uitsig oor die vallei en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of in die sitkamer voor die kaggel ontspan. Die sitkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die omgewing.
Keerweder - Studio of Tranquillity is in die welige tuin en is geskik vir 2 gaste. Dié oopplan-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die eenheid het ook 'n kombuisie en 'n eetarea en dit bied toegang tot 'n stoep met braaigeriewe.
Keerweder - Cosy Cottage is ook in 'n welige tuin met groot bome waarin 'n verskeidenheid voëltjies baljaar. Daar is 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n kombuisie wat ten volle toegerus is, 'n sitarea en 'n stoep met 'n braai.
Gratis WiFi is in die huis en ateljee beskikbaar en linne en handdoeke word voorsien. Gaste het ook toegang tot die swembad, braaigeriewe en parkeerplek op die perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Daar is verskeie restaurante, koffiewinkels en doendinge soos fiets- en bergfietsroetes asook wyn- en olyfproe in die area. Gaste kan die De Oude Kerk Museum in Riebeek Kasteel of die Kasteelberg Natuurreservaat besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Elma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Dennehof-straat 20, Riebeeck-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Gaste dink Keerweder - A Place of Homecoming and Tranquility het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riebeek-Kasteel Riebeek-Wes Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennehof-straat 20, Riebeeck-Wes, 7306, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang