Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kei Rocks

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Neptune-rylaan, No 2 SeeBreeze, Keimond, 5260, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Kei Rocks is 'n selfsorgdupleks in Keimond aan die oewer van die Groot-Keirivier. Dis ideaal vir 'n gesin of 'n paartjie wat op soek is na 'n lekker wegbreek.

Kei Rocks werk met sonkrag en bied direkte toegang tot die strand.

Dié woonstel het slaapplek vir 10 en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en tweede kamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Dié kamers is op die boonste verdieping en albei het balkonne met see-uitsigte. Een van dié badkamers is nuut oorgedoen. Die derde kamer op die onderste verdieping het 'n 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die vierde kamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer. Die vyfde kamer op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat nuut oorgedoen is..

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Daar is 'n etenstafel vir 12. Die leefarea het lei na 'n stoep met 'n see-uitsig.

Die leefarea en een van die hoofslaapkamers op die boonste verdieping het elkeen 'n TV met DStv en 'n Explora-dekodeerder.

Daar is ook 'n binnebraai-area, bordspeletjies en boeke. Die woonstel is naby die strand en die stoep het 'n etenstafel met sitplek vir 10.

Parkeerplek is in 2 toesluit-motorhuise beskikbaar en daar is ook ekstra parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 5
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Antonè S
Saam met vriende
5.0
Amazing, beautiful and very much enjoyed. The house was beautiful as well as the view of the beach. We definitely had a lovely time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Susan S
Saam met vriende
5.0
Ruim woning op die strand maar ook heerlike beskutte buite kuierarea. Ja, en sal graag weer daar wil tuisgaan!
Apr 2024
Ashwin J
Gesin met klein kinders
5.0
The place was great, neat and very comfortable. Excellent especially during load shedding as the house has a full backup system for wat...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Catherine G
Saam met vriende
5.0
Awesome. Fantastic accommodation right on the beach.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Johan D
Gesin met klein kinders
5.0
Huis op die see. Die huis is baie gerieflik en op die strand.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Neptune-rylaan, No 2 SeeBreeze, Keimond, 5260, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kei Rocks het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Neptune-rylaan, No 2 SeeBreeze, Keimond, 5260, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f040bfa914c0b922bd19f2acc9a40d1a4566cb652dfbae40b3d84bcf22fadaed9cb64b21ee97064881310cd34aa7d9a48d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 10) 21 5 1 5 Neptune Road No 2 SeeBreeze 5260 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.684340883717 28.380017847538

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang