Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kersterus

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.1
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Rene D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Sep 2023

Amazing views. Die plek se ligging is amazing, maar die plek self kort bietjie finesse.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ludwig G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2023

Die ligging van die huis is sy behoud ─ die res nie. Onderhoud moet dringend by die huis gedoen word. Daar was geen WiFi beskikbaar nie ─ ons is in die vrugte uitvoer bedryf en dit was van kardinale belang om e-posse te monitor en te stuur. (Liezle het gesê hulle werk aan die lyn, maar bure en ander mense het geen probleem met hulle WiFi gehad nie, ek is nie seker wie die service provider was nie). Vanaf Saterdag was daar ook geen DStv nie. Daar is geen selfoonopvangs in die huis nie, as jy 'n oproep wil maak moet jy 30 m uit die huis uit stap om een te probeer maak of the ontvang! Ons het/bly op 'n plaas in die Boland en moet ter alle tye bereik kan word! Daar is 'n kaggel ok op die foto's, maar dit mag glad nie gebruik word nie! Het uitgesien na die koue aande voor die kaggel (haal dit dan tenmiste van die foto's af of sê op die add hy kan nie gebruik word nie).

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Liezle
Kersterus
Goeiedag Ludwig. Dankie vir jou terugvoer. Ongelukkig het ons geen beheer oor die Wifi- of selfoonseine nie. Jy het eers die Sondag toe julle vertrek het genoem dat die Dstv nie die Saterdagaand gewerk het nie, as jy ons vroeër ingelig het kon ons dit vir jou opgelos het. Daar word reeds op die in die huisreëls op Lekkeslaap genoem dat die kaggel ongelukkig nie werk nie.

Jackie R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2022

We had the best time. The house has everything you need. Kids were in the pool from sunrise to sunset. Quiet, peaceful and amazing views. Already booked our next stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Kersterus
Hi Jackie, thank you for your review. We are glad you and your family enjoyed your stay and we look forward to your next visit to Kersterus.

Karen P
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Sep 2022

Dit was heerlik. Baie mooi, en baie lekker ligging. Netheid kan wel effens verbeter. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wouter S
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Jun 2022

Ons het heerlik gekuier. Mooi, skoon huis met fantastiese ligging. Dit was lekker koud toe ons gegaan het, en het gedink dat ons lekker gaan kaart speel en wyn drink voor die kaggel. Was bietjie teleurgesteld toe ons lees dat ons nie binne kan vuur maak nie, alhoewel daar 'n vuurmaakplek op die foto's is.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liezle
Kersterus
Goeiedag Wouter Dankie vir jou terugvoer. Ongelukkig is die kaggel nie in werking nie, en daarom adverteer ons glad nie die kaggel in ons advertensie nie, jammer as die foto's jou onder 'n wanindruk gebring het. Baie dankie dat jy en jou gesin die huis so mooi netjies gelos het, dit was net 'n plesier om julle as gaste te hê. Hoop julle kom kuier sommer gou weer.

Carla U
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Jan 2022

Ideaal vir 'n heerlike wegbreek saam met familie by die see .Ons wou nie huistoe gaan nie. Ons het regtig lekker gebly. Die beddens slaap heerlik. Nader aan die seelug kan jy nie bly nie. Die uitsig was perfek.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liezle
Kersterus
Goeie dag Carla Dankie vir die terugvoer, ons is bly julle het julle kuier by ons geniet en lekker uitgerus. Ons hoop om julle sommer gou weer te sien.

Nico S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2022

Baie goeie ligging, huis is lekker ruim. Onderhoud op die huis is beslis baie agtergelaat. Eerste vloer stoepteëls is meeste los, die braai se stene is los. Die paadjie van voor die huis na die huis is in klippies gedoen wat jou voete steek as jy kaalvoet loop - gewone plaveisel sal wonders doen. Verder is die huis baie prakties vir 'n groot familiekuier of vriende, aangesien hy lekker ruim is. Die braaistoepie links van huis is ongelukkig baie beknop, maar help weer baie vir as die wind waai.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liezle
Kersterus
Goeie dag Nico Dankie vir jou terugvoer. Ons het reeds kwotasies gekry om die teëls bo, op die stoep te herstel, en is besig om daaraan aandag te gee. Ek sal bietjie kyk hoe ek die tuin-stel buite kan skuif om dit nie so beknop te maak nie, gelukkig kan mens maklik die tafel en stoele skuif, en het ons dit juis so geskuif om gaste bietjie meer teen die wind buite te beskerm as hulle braai.

Elizabeth B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2021

Alles wat mens in 'n vakansiehuis wil hê! Mens moet meer as net 'n naweek gaan! Dis lekker op die sand en die swambadjie is heerlik vir sit en n drankie geniet. Daar is alles wat 'n mens kan nodig kry. Selfs 'n braai bo op die stoep met 'n pragtige uitsig. Dis rustig en so mooi. Die huis het 'n paar klein onderhoudswerkies nodig. Al klagte wat ons het is dat mens die uitkloktyd miskien ;n bietjie later as 10:00 kan maak. (Veral as daar nie ander gaste die dag inkom nie.) Mens wil veral op 'n Sondag bietjie laat slaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Kersterus
Beste Elizabeth, Dankie vir die terugvoer, dit was net 'n plesier om jou en jou gesin as gaste te hê. Baie dankie dat julle die huis so mooi netjies gelos het. Hoop om julle sommer gou weer te sien.

Tracy S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Feb 2021

Beautiful location. Very spacious accomodation. Our family loved our stay. Right on the beach, perfect combination of sun and shade on the patio and a lovely splash pool. Rooms are spacious and enough bathrooms for everyone. Easy to find and we felt very safe. The only thing that would have it better is if there were hand towels and soaps provided.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gloria O
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Sep 2021

Dit was asemrowend. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Liezle
Kersterus
Ons is bly julle het julle kuier geniet en ons hoop om julle gou weer te sien.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Liezle Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 104

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R2 965
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 965
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hemelhoogstraat 28, Hemelhoogstraat 28, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0cadd4a0e7b630d7610e88f4cbfdcbfaa3219824de592a86328dc30dc1ffe8da06d006ede1bf13df06cab95da2d4158fa546?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 965 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 28 Hemelhoog Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.687446702258 18.238724654492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang