Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Noordewind

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Coenraad B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Perfekte naweek huis. Fantastiese huis met uitstekende uitsig van die see. Ons het heerlik gebly en die mooiste sonsondergang beleef. Die braai-area is goed beskut teen die wind en die huis is toegerus met alles wat jy dalk moontlik nodig sal hê. Sal beslis Noordewind aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Beste Coenraad. Dit was vir ons 'n absolute voorreg om jou as gas te hê, ons is bly jy het jou verblyf by Noordewind geniet, ons kan nie wag om jou terug te verwelkom nie. Baie dankie dat jy die huis so mooi en netjies gelos het.

Mark H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

I will recommend any time, excellent. This place is great for the kids and adults. The pool keeps them busy, and adults can braai and enjoy their holiday. It is very well set up for summer days.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Good day Mark. Thank you for your positive feedback. It was just a pleasure to have you and Lucinda as guests. Hope to welcome you and your family back to Noordewind soon.

Thea R
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2024

Kos vir die siel! Ons lang naweek by Noordewind was wonderlik. Die ligging is perfek. Die huis is baie ruim en gemaklik en 'n lekker kuierhuis.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Beste Tina, baie dankie vir julle terugvoer. Ons is bly om te hoor julle het julle kuier in Noordewind geniet, ons hoop om julle sommer gou weer terug te verwelkom.

Karin L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jan 2024

Sal gou weer gaan kuier. Noordewind is 'n baie gemaklike leefhuis. Het as familie lekker gekuier en was die naweek net te kort. Die sonsondergang is ongelooflik mooi en die uitsig van die onthaalarea kan mens nie beskryf nie. Ek beveel mense aan om dit self te beleef. Net die braai kort 'n lig en het ons ook ons eie braairooster geneem. Ongelooflik aangenaam.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Beste Karin. Ons is bly julle het julle kuiertjie by Noordewind geniet, dit was vir ons net 'n plesier om julle as gaste te hê. Dankie vir die terugvoer, ons kan nie wag om julle sommer gou weer by Noordewind terug te verwelkom nie.

Maranitha V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jul 2024

Ons batterye is gelaai en gereed vir deel 2 van 2024! Ons lang naweek by Noordewind was wonderlik. Ons was gelukkig met 2 pragtige sonnige wintersdae. Die ligging is perfek, pragtige uitsig oor die see met die mooiste Weskus-sonsondergang. Die huis is baie ruim, 'n lekker kuierhuis. Die huis is toegerus met alles wat jy dalk moontlik nodig sal hê. Sal beslis weer 'n draai by Noordewind maak.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Ons is verheug dat julle julle verblyf by Noordewind geniet het. Ons is so dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om ons klein stukkie hemel met jou en jou gesin te deel. Dankie dat jy die tyd geneem het om jou ervaring met ander te deel. Ons kan nie wag om julle terug te verwelkom en meer van ons pragtige dorp met julle te deel nie. Tot volgende keer.

Lezanne B
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Aug 2024

Basiese behoeftes is voorsien, maar dit was koud in die huis. Die huis het 'n wonderlike ligging, maar het onderhoud nodig. Dit was ysig koud en die dak het gelek en die bad in die gastekamer tap uit. Bietjie meer voorsiening vir gaste gedurende die koue wintermaande sal gaaf wees.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Liezle
Noordewind
Dankie dat jy jou waardevolle terugvoer met ons deel. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat jy tydens jou verblyf ervaar het. Ons verstaan dat die winterweer redelik koud kan wees, veral in die aande, daarom voorsien ons ekstra komberse. Wat die probleme met die bad en lekkende dak betref, is ons spyt dat ons nie vooraf daarvan bewus was nie, en jy het dit nie tydens jou verblyf onder ons aandag gebring nie. Weet asb. dat ons onmiddellik optree om hierdie kwessies reg te stel.

Cambely S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2023

Wonderlike ligging, rustige see-uitsig. Ek sal egter 'n paar voorstelle wil maak aangesien dit 'n dierevriendelike huis is. Die nodige hekkie voor wat keer dat die honde net uitgaan en dalk die mense langsaan pla. Ek weet handdoeke moet self verskaf word maar tog sal dit goed wees om die nodige kleinhanddoeke te kry vir die badkamers vir handewas. Die braairoosters het ons glad nie gebruik nie want dit was regtig baie baie vuil. Met loadshedding deel van ons daaglikse lewe stel ek voor dat 'n paar inverters geïnstalleer word slegs vir die nodige ligte en miskien om die TV te dra. MNet kan ook regtig oorweeg word omdat nie almal Netflix heeldag wil kyk nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liezle
Noordewind
Baie dankie vir jou terugvoer Cambely. Hier in die Weskus, brand ons sommer ons rooster skoon terwyl ons lekker om die vuur kuier, en beurtkrag tyd is die perfekte tyd om lekker langs die see te gaan stap of net te ontspan en die stilte te geniet. Daar is reeds nood ligte in die kombuis, sitkamer en kamer vir beurtkrag. Die TV is 'n slim-TV en die DStv toep is gelaai vir gaste wat verkies om DStv te kyk, hulle moet net hulle eie rekening daarvoor gebruik. Weskus-groete Noordewind

Danel N
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Fantastiese huis op die see! Jy kan kies waar jy wil rus en vir die see kyk! Op die stoep, die bed, die bank, of uit die kombuis! Ons gaan vir seker weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Danel. Baie dankie vir die terugvoering. Ons is so bly julle het julle kuiertjie by Noordewind geniet. Dit was net 'n plesier om julle as gaste te hê, ons kan nie wag vir julle volgende kuier nie.

Jenelle M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2022

Batteries recharged and ready to face a new week! The location was superb and the accommodation spacious and clean. In fact I walked in my white socks and they stayed white! Besides everyday necessities such as toiletries, everything was provided for. We took our dog along and she loved running along the beach. All in all we loved our stay and will most certainly be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Hi Janelle, Thank you for the feedback. We are glad you enjoyed your stay in Noordewind. It was only a pleasure having you and your family as guests, we hope to see you soon. Regards, Noordewind

Noreen L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Awesome and relaxing. I would really recommend booking a weekend or longer here. It's so relaxing and has everything for young and old. The pool is the perfect size to relax in, the beach is a stone's through away.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Liezle
Noordewind
Good day Noreen Thank you for the feedback, we are glad you enjoyed your visit to Noordewind. It was just a pleasure to have you as guests, we hope to see you again soon.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Liezle Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 104

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R2 685
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 685
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oostestraat 14, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA66b505485f320ed95fab011498f47c240388638ffcb354157f45a143fecc6739fec357b258cf1ef68f4377e9c8242dce542e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 685 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 14 Ooste Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.688654820984 18.237706532541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang