Noordewind
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Liezle Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 104
Op LekkeSlaap 8 jaar
Opsomming van Resensie
Coenraad B - Apr 2024
Algehele gradering
Perfekte naweek huis.
Noordewind se terugvoer
Beste Coenraad. Dit was vir ons 'n absolute voorreg om jou as gas te hê, ons is bly jy het jou verblyf by Noordewind geniet, ons kan nie wag om jou terug te verwelkom nie. Baie dankie dat jy die huis so mooi en netjies gelos het.
Mark H - Nov 2023
Algehele gradering
I will recommend any time, excellent.
Noordewind se terugvoer
Good day Mark.
Thank you for your positive feedback.
It was just a pleasure to have you and Lucinda as guests. Hope to welcome you and your family back to Noordewind soon.
Thea R - Mrt 2024
Algehele gradering
Kos vir die siel!
Noordewind se terugvoer
Beste Tina, baie dankie vir julle terugvoer. Ons is bly om te hoor julle het julle kuier in Noordewind geniet, ons hoop om julle sommer gou weer terug te verwelkom.
Karin L - Jan 2024
Algehele gradering
Sal gou weer gaan kuier.
Noordewind se terugvoer
Beste Karin. Ons is bly julle het julle kuiertjie by Noordewind geniet, dit was vir ons net 'n plesier om julle as gaste te hê. Dankie vir die terugvoer, ons kan nie wag om julle sommer gou weer by Noordewind terug te verwelkom nie.
Maranitha V - Jul 2024
Algehele gradering
Ons batterye is gelaai en gereed vir deel 2 van 2024!
Noordewind se terugvoer
Ons is verheug dat julle julle verblyf by Noordewind geniet het.
Ons is so dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om ons klein stukkie hemel met jou en jou gesin te deel.
Dankie dat jy die tyd geneem het om jou ervaring met ander te deel. Ons kan nie wag om julle terug te verwelkom en meer van ons pragtige dorp met julle te deel nie. Tot volgende keer.
Lezanne B - Aug 2024
Algehele gradering
Basiese behoeftes is voorsien, maar dit was koud in die huis.
Noordewind se terugvoer
Dankie dat jy jou waardevolle terugvoer met ons deel. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat jy tydens jou verblyf ervaar het.
Ons verstaan dat die winterweer redelik koud kan wees, veral in die aande, daarom voorsien ons ekstra komberse.
Wat die probleme met die bad en lekkende dak betref, is ons spyt dat ons nie vooraf daarvan bewus was nie, en jy het dit nie tydens jou verblyf onder ons aandag gebring nie. Weet asb. dat ons onmiddellik optree om hierdie kwessies reg te stel.
Cambely S - Jan 2023
Algehele gradering
Wonderlike ligging, rustige see-uitsig.
Lees meerNoordewind se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Cambely. Hier in die Weskus, brand ons sommer ons rooster skoon terwyl ons lekker om die vuur kuier, en beurtkrag tyd is die perfekte tyd om lekker langs die see te gaan stap of net te ontspan en die stilte te geniet. Daar is reeds nood ligte in die kombuis, sitkamer en kamer vir beurtkrag. Die TV is 'n slim-TV en die DStv toep is gelaai vir gaste wat verkies om DStv te kyk, hulle moet net hulle eie rekening daarvoor gebruik. Weskus-groete Noordewind
Danel N - Des 2022
Algehele gradering
Fantastiese huis op die see!
Noordewind se terugvoer
Danel. Baie dankie vir die terugvoering. Ons is so bly julle het julle kuiertjie by Noordewind geniet. Dit was net 'n plesier om julle as gaste te hê, ons kan nie wag vir julle volgende kuier nie.
Jenelle M - Sep 2022
Algehele gradering
Batteries recharged and ready to face a new week!
Noordewind se terugvoer
Hi Janelle,
Thank you for the feedback.
We are glad you enjoyed your stay in Noordewind.
It was only a pleasure having you and your family as guests, we hope to see you soon.
Regards,
Noordewind
Noreen L - Feb 2022
Algehele gradering
Awesome and relaxing.
Noordewind se terugvoer
Good day Noreen
Thank you for the feedback, we are glad you enjoyed your visit to Noordewind. It was just a pleasure to have you as guests, we hope to see you again soon.
Sheila M - Nov 2022
Algehele gradering
Perfect location.
Lees meerNoordewind se terugvoer
Good day Sheila, thank you for your feedback, and we are glad to hear you enjoyed your stay. If you reported the above problems during your visit, we would do our best to solve the problem during your stay. Unfortunately, check-out time is 10:00 seeing that we need enough time to clean and prepare for the next guests arriving at 14:00.
Phillip C - Des 2022
Algehele gradering
Dit was regtig net wat ons nodig gehad het om na 'n lang uitputtende jaar bietjie te kan ontspan.
Anneke D - Jul 2021
Algehele gradering
Fantasties.
Noordewind se terugvoer
Dit was net 'n plesier om jou en jou gesin as gaste te hê. Ons hoop om julle sommer gou weer te sien.
Megan H - Jul 2021
Algehele gradering
A lovely relaxing spot, away from it all, in stunning surroundings.
Riaan V - Aug 2020
Algehele gradering
Pragtige huis en omgewing. Goed toegerus.
Jeanene B - Mrt 2020
Algehele gradering
Rustigheid vir die siel.
Hester D - Jan 2020
Algehele gradering
Dit was beslis die geld deur en deur werd!
Marilette D - Jan 2019
Algehele gradering
Stukkie paradys op jou voorstoep.
Noordewind se terugvoer
Beste Marilette,
Dit was net 'n plesier om jou en jou gesin as gaste te hê. Ons is bly julle het jul vakansie geniet en ons hoop julle kom kuier sommer gou weer vir ons.
Groete,
Kersterus
Mardi S - Apr 2019
Algehele gradering
Teleurgesteld.
Noordewind se terugvoer
Beste Mardi,
Hierdie terugvoer is nie ten opsigte van Kersterus nie.
Julle is na 'n ander huis geskuif omdat ons jou trou-naweek vir jou so rustig en spesiaal moontlik wou maak.
Ek moet ongelukkig van jou verskil dat die huis nie vuil was nie, ek is saam met jou bruidsmeisies wat die sleutels names jou ontvang het in die huis in en hulle was tevrede met die akkommodasie en het glad nie gekla dat die huis vuil is nie, wat daarna tot jou aankoms gebeur het sal ek ongelukkig nie kan sê nie.
Sou julle ons so spoedig moontlik laat weet het dat julle sukkel om die deure oop te maak, kon ons dadelik vir julle 'n plan gemaak het of kom help het, maar ongelukkig is hierdie die eerste wat ek hoor dat julle met deure gesukkel het.
Soos die huis is die balkon die dag voor julle aankoms skoon en reg gemaak vir julle kuier, ons het die aand voor julle aankoms reen gehad wat kon veroorsaak dat die balkon sand en blare kon kon ophê van die reen en wind.
Ons verskaf een rol toiletpappier per badkamer, daarna moet gaste self toiletpappier voorsien aangesien dit 'n selfsorg akkommodasie is.
Soos ons al ons huise adverteer verskaf ons nie handdoeke, dit word aan julle genoem op die kwotasie wat aan julle gestuur is voor julle die huis bespreek het.
Nicolaas V - Sep 2018
Algehele gradering
Son, see, uitsig en gemak!
Celeste H - Mrt 2018
Algehele gradering
'n Heerlike ruim huis wat mooi skoon was.
Lees meerNoordewind se terugvoer
Beste Celeste,
Dit was net 'n plesier om julle as gaste te hê, ek is bly julle het julle kuiertjie by ons geniet. Hoop julle kom kuier sommer gou weer en dat jou moeder altyd hierdie spesiale tyd saam met julle op haar sewentigste verjaarsdag sal onthou.
Annari J - Aug 2018
Algehele gradering
Heerlike langnaweek!
Noordewind se terugvoer
Beste Annari. Ek is bly julle het lekker gekuier. Jammer die throws het nie hulle werk gedoen en julle lekker warm gehou nie, ongelukkig voorsien ons nie handdoeke nie soos geadverteer. Hoop julle kom kuier sommer gou weer.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oostestraat 14, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang