Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kestrel Loft

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonkwasstraat 32, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 475 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kestrel Loft bied luukse verblyf in 'n pragtige strandfront-solderwoonstel in Bekbaai en dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n sakereisiger. Die woonstel spog met 'n asemrowende uitsig oor die Atlantiese Oseaan.

Die woonstel bied slaapplek aan 1 tot 2 gaste en het 'n dubbelbed, 'n kaggel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplanleefarea het 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, konveksie-mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is en 'n etenstafel met stoele het. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n sitarea met sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi word voorsien.

Die woonstel is met rugsteunkrag vir die WiFi, TV, ligte en yskas toegerus.

Die woonstel lei na 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai en 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.4
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Corna B
5.0
Heerlike plekkie met alles wat nodig is. Skitterend toegerus met van die beste toerusting! Kaggel is 'n wenner. Mooiste uitsig met 'n stukkie van die ...
Sien meer
Sep 2024
Laetitia D
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful, beautiful, revitalising. Was an awesome stay. I do Pasternoster once a year and love it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Melissa C
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ek sal weer van julle dienste gebruikmaak. My verjaardag het ek baie geniet. Die plek was knus, netjies en als wat ek gedroom het dit sou ...
Sien meer
Aug 2024
Charl N
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Baie lekker gebly. Mooi blyplek en perfekte ligging.
Jun 2024
Daniel C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tevrede. Verblyf baie aangenaam ervaar.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 71

Resensies 1752

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Sonkwasstraat 32, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kestrel Loft het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 475
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 475
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonkwasstraat 32, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1c75ea018744de4cb97afa61331e671a1cd12b8d35ab1bb2ab622b6ed4c87ef7297a1e4096c433d73393cc475c8319f3d85c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 475 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 32 Sonkwas Street Bek Bay 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.811520758192 17.883016873286

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang