Khala Moya Self-Catering
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaysers Beach-weg, Kayser's Beach, 5201, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Khala Moya Self-Catering is op 'n privaat eko-landgoed aan die buitewyke van Kayser's Beach, 30 km suid van Oos-Londen. Hierdie area bied pragtige strande, pragtige rotspoele, uitstekende visvang, volop wild en voëlkykgeleenthede met meer as 90 voëlspesies, wat dit 'n gesogte vakansiebestemming vir almal maak.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 13 gaste in 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed asook 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n stort.
Periwinkle is 'n woonstelletjie met 4 beddens en Driftwood is 'n woonstelletjie met 'n koninggrootte-bed. Albei hierdie eenhede het hul eie ingange en dien as bykomende kamers.
Die nuut opgeknapte oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuisarea het 'n groot 8-sitplek-eiland, etenstafel met 10 stoele en 'n gemaklike sitkamerstel. Daar is ook 'n houtdek met 'n uitsig oor die see, bos en strand. Hierdie area het 'n ingeboude braai, gas-pizza-oond, 12-sitplektafel en weerblindings. Vir dae met slegte weer is daar 'n groot atrium met 'n dubbeldeur-yskassie, drankyskas, tafel en sitarea.
Buck's Bend is hondevriendelik en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die eenheid het 'n moderne, oopplan-uitleg met 'n eiland, onderdakdek en 'n braai-area met 'n uitsig oor die see, bos en strand. Verder het hierdie eenheid 'n volledig toegeruste kombuis met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof en elektriese oond. Daar is 'n omheinde area voor en agter vir honde. Dié eenheid het slaapplek vir 4. Periwinkle is nabygeleë indien ekstra beddens benodig word.
Kingfisher is nog 'n nuut-opgeknapte eenheid wat hondevriendelik is en dit bestaan uit 2 skakelslaapkamers en 'n badkamer. Hierdie eenheid het ook 'n ruim oopplan-leefarea en -kombuisarea en onderdakdek met 'n uitsig oor die landgoed en see. Die kombuis het 'n groot eiland, baie kasspasie, 'n yskas-vrieskas en vierplaat gasstoof. Daar is 'n omheinde agterplaas vir honde. Kingfisher het slaapplek vir 4 en Driftwood is naby indien ekstra beddens benodig word.
Driftwood is 'n gerieflike, ateljee-tipe woonstel met 'n volledig toegeruste kombuis en 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolf, kookgerei en breekware toegerus. Dit het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n privaat ingang met 'n dek wat 'n uitsig oor die landgoed en see bied. Toegang tot die hoofhuis is slegs beskikbaar indien hierdie eenheid saam met die hoofhuis bespreek word.
Alle eenhede het slim-TV's. Die hoofhuis het ook 'n TV-stroomboks. Wi-Fi is deurgaans beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Krissi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kaysers Beach-weg, Kayser's Beach, 5201, Oos-Kaap
- Gaste dink Khala Moya Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sonskynkus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaysers Beach-weg, Kayser's Beach, 5201, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang