Khaya Ilahati
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Impala Street 4249, Marlothpark, Malelane, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R1 870 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Khaya Ilahati is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die bosveld in Marloth Park. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n rustige wegbreek saam met familie en vriende, aangesien hierdie huis ook bederf met 'n uitnodigende plonspoel wat ideaal is vir die somer.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 9 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim solderarea. Albei slaapkamers is op die onderste verdieping geleë en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer het 'n koninggrootte-bed en 3 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar. Langs die kombuis is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en ingeboude braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet terwyl die vuur brand. Gaste kan op daardie warm somersdae in die uitnodigende plonspoel afkoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 40
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Impala Street 4249, Marlothpark, Malelane, 1330, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Impala Street 4249, Marlothpark, Malelane, 1330, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang