Khol Newman Bed & Breakfast
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Khol Newman Bed & Breakfast bied gasteverblyf in die hartjie van Queenstown in die Oos-Kaap. Die gastehuis is die ideale basis vanwaar die dorp se geriewe en besienswaardighede verken kan word.
Verblyf by die gastehuis word aangebied in verskeie, unieke kamers. Elke kamer bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste. Elke kamer het 'n bed met 'n elektriese kombers en toegang tot 'n privaat badkamer. Elke kamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe en lugversorging kan op versoek gereël word.
'n Volledige Engelse of kontinentale ontbyt kan teen ekstra koste gereël word sowel as middagete, middagetepakkies en aandete. Dit moet vooraf gereël word. Die gastehuis bied gratis WiFi, 'n gemeenskaplike sitarea en veilige parkeerplek van die straat af.
Khol Newman Bed & Breakfast is net 3 km van die middedorp af waar daar 'n rits winkels, restaurante en ander geriewe is. Die perseel is net 11,5 km van die Bonkolo Dam af waar gaste kan gaan piekniek hou of watersport beoefen.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Queenstown Oos-Kaap
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang