Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kiaat Caravan Park

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kiaat Karavan Park is in Hazyview sowat 10 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af. Dis ook slegs 45 km vanaf die Paul Krugerhek en 21 km van die Numbi-hek af. Gaste kan oornag voordat hulle die Kruger besoek of 'n ekstra nag in die pragtige karavaanpark bly.

Kiaat Caravan Park is op 'n makadamiaplaas langs die Sabierivier met 'n oorvloed voëllewe in 'n pragtige, stil en veilige omgewing waar gaste die natuur kan ervaar.

Verblyf word op 9 ruim karavaan- en kampeerstaanplekke gebied, elk met sy eie kragpunt en braaigeriewe. Luukse ablusiegeriewe en opwasgeriewe is beskikbaar. Gaste moet hul eie kamptoerusting saambring.

Kiaat Caravan Park het 'n kragopwekker om tydens kragonderbrekings te help. Die kragopwekker word aangeskakel tussen 19:00 en 21:00 en tussen 05:00 en 07:00.

Dis in Hazyview naby die Krugerwildtuin en 40 km van die Panoramaroete, Graskop en Pelgrimsrus af. Plekke soos God's Window, Wonderview en verskeie watervalle kan ook besoek word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Christo O
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsversterkend, rustig, mooi park. Uiters aangenaam gewees.
Sep 2024
Hanlie V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en lekker in die natuur. Naby aan Kruger Nasionale Park. Baie netjies, en vriendelike personeel. Ons het ook baie veilig gevoel.
Aug 2024
Kobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en baie rustig. Ons het die kamp as deurgang/oornag gebruik voor ons in Wildtuin toe is. Ons het dit ideaal gevind, baie naby aan Phabeni ...
Sien meer
Mei 2024
Willem K
Gesin met klein kinders
5.0
Ons sal vir seker gereeld daar kom. Die oord is pragtig goed in stand gehou. Baie bome en koelte. Baie skoon ablusie. Lieflik rustig.
Mrt 2024
Jan P
Gesin met tieners
5.0
Heerlik. Baie lekker en stil.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Irma Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 136

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Kiaat Caravan Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perrys Plaas, Erfdeel 81 JU 9, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGVFpCn6vgIxo3yGsbvjCD1XJkyQXF6rTNmEK0Jor6HglvGu0ax?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 58 5 1 5 Perrys Farm Portion 81 JU 9 1242 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.02738117717 31.151411533356

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang