Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kiepersol Lodge

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Leandra D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Aug 2024

Rus vir die siel! Lieflike plekkie met alles wat jy nodig het. Kombuis is bietjie knap, maar verder is alles goed toegerig en netjies.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hennie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2022

Ons het dit baie geniet. Alles was netjies en skoon. Daar is alles wat jy nodig het. Ek en my seuns het baie lekker vis gevang, ek het gesukkel om hulle te kry sodat ons kon begin oppak. Hulle wou nog bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sarie
Kiepersol Lodge
Baie bly julle het dit geniet. Baie dankie.

Michiel D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2021

Uitstekende ligging met 'n wonderlike eienaar. Kiepersol is 'n baie mooi en veilige bestemming en Sarie (die eienaar) maak seker dat alles vlot verloop. Sal Kiepersol verseker aanbeveel en self weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sarie
Kiepersol Lodge
Baie dankie vir die mooi resensie.

Quinton J
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Mei 2021

Lekker gekuier en visgevang. Baie goeie inligting gekry voor ons aankoms. Huis was baie gemaklik en goed toegerus. Saam kuier om die kamp vuur en visvang was van ons hoogte punte.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Mia L
Kort verblyf Saam met vriende
2.4
Apr 2021

Stunning place. Horrible service. There was blood on the main bedroom floor. Rat urine in the guest bedroom in the bed, snake skin on the the patio. The lady was incredibly rude! She shouted at me. Unaccommodating in terms of language barrier - everything was sent in Afrikaans. I am English. She sent the wrong location and it took an extra 3 hours to get there - she was rude to me and my boyfriend when trying to get the correct location. Screaming and shouting at us - very unprofessional.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Rynhardt A
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Aug 2020

Rustige wegbreek. Dit was vir my en my gesin die perfekte wegbreek plek. Die eenheid is heeltemal privaat teen die rivier en in die bos met berge wat hom omring. Die eenheid het 'n lekker boma area vir 'n vuurtjie in die aand en jacuzzi op die dek wat alles oor die rivier uitkyk. Die eienaar was ook baie behulpsaam. Mens het presies geweet wat waar is en wat nodig sal wees vir die naweek van jou kant af, dus was daar nie onaangename verrassings nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nerena M
Kort verblyf
4.8
Feb 2020

Heerlik gekuier! Huis is baie gemaklik! Kiepersol Huis was baie gemaklik, alles en meer was beskikbaar wat ons kuier aangenaam gemaak het. Sarie het so baie inligting en meer gestuur om ons te help! Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nico S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2019

Goed geleë en privaat. Baie mooi plek en n mooi uitsig oor die rivier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nadia K
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Okt 2019

As jy wil rustigheid ervaar en veiligheid prioriteit is, dan is dit die ideale plekkie om te bly. Ons was groep vriendinne wat gebly het by Kiepersol en veiligheid was vir ons baie belangrik omdat ons net vrouens was. Ons het absoluut veilig gevoel! Kiepersol is 'n heerlike plekkie!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Elize V
Kort verblyf
2.4
Jun 2019

Onaangename begin tot ons naweek. Vrydagmiddag daar aangekom, net om die plek gesluit te vind met geen sleutel in sig. Om eienaar te kontak, moes ons weer terugry tot op teerpad as gevolg van geen ontvangs. Na vele oproepe het eienaar geantwoord met 'kan jy nie onthou dat ek in die mail vir gou gesê het waar die sleutel is nie'. Maandag my mails weer gelees (net om seker te maak) met geen aanduiding van sleutel. Ek het daardie spesifieke mail van die eienaar aangevra, waarna sy my gebel het en minder vriendelik was, inteendeel my gewaarsku as ek 'n slegte 'review' stuur, sy net die 'screenshots' van al haar mails sal stuur waarin sy moeite gedoen het. Die 'screenshots' sal wees mails en Whatapp-boodskappe van al die reëls en regulasies, waar jy wat moet aan en af sit, jou eie toiletpapier en skottelgoedseep bring, geen musiek, geen partytjies en R500 breekskade wat betaal moet word. Ek het my 2 hondjies saamgevat, waarvoor ek reg van die begin gevra het, maar niemand my daarop geantwoord het nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Sarie
Kiepersol Lodge
Ek is baie jammer oor die gas se minder-lekker ervaring! Ek het al die e-posse gestuur en die een waarin staan waar die sleutels gebêre word, het vir een of ander rede nie by haar uitgekom nie. My WiFi kon dalk gefaal het met die spesifieke e-pos. Die gas het my wel vroeg Vrydag-aand in die hande gekry en ek het aan haar verduidelik waar die sleutel gebêre word. Ek het wel genoem dat dit in die e-pos genoem word, onbewus daarvan dat die betrokke e-pos wat nie by haar uit gekom het nie. Ek het op 2 geleenthede die kode van die hek gestuur asook foto’s van hoe die verdeelbord se skakelaars werk asook waar die elektriese heining se skakelaar is. Die hondjies is op vergunning toegelaat, al huisves ons nie gewoonlik troeteldiere nie. Ek het haar 2 maal om verskoning gevra en herhaaldelik jammer gesê vir die ongerief en dat ek nooit so iets doelbewus sal doen nie. In my opinie, het ek alles in my vermoë gedoen soos met alle gaste en was deurentyd vriendelik. Ten slotte, wil ek benadruk dat ek haar nooit gedreig met skermgrepe nie. Ek het eenvoudig gesê dat ek al die boodskappe en e-posse sal stuur aan die agentskap ter bewys dat ek behulpsaam was tot die beste van my vermoë. Weereens jammer aan die gas vir die slegte ervaring.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Sarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R2 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Schoemanshof, Potchefstroom, 9595, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI2ZDhkMjViLTU4ZjctNGM4OC04NzBhLWU3N2NhYmQ0YTc2MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 Schoemanshof Potchefstroom 9595 Noordwes 021 201 8901 12:00-19:00 14:00 -26.93194167835 27.184907197952

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang