Kierieklapper River House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 457, Krugerwildtuin, Marlothpark bewarea, 1470, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Kierieklapper River House is 'n luukse selfsorghuis vir gesinne aan die oewer van die Krokodilrivier met 'n uitsig oor die Krugerwildtuin. Hierdie selfsorghuis is ideaal vir gesinne en klein groepe wat op soek is na 'n unieke bosveld-ervaring.
Kierieklapper River House is geskik vir 8 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers, elkeen met lugversorging, 'n en suite-badkamer en uitgang na buite. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die vierde kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die beddens is oorgetrek met silwerskoon, wit linne en handdoeke word voorsien. Die huis word elke dag skoongemaak en WiFi sowel as 'n TV met volledige DStv is beskikbaar.
Kierieklapper River House beskik verder oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis, 'n binnebraai, eetarea, 'n dek met vuurmaakplek en 'n swembad. Die sitkamer en boonste balkon het pragtige uitsigte en is ideaal vir gesinne en vriende wat die natuur saam wil waardeer.
Hierdie huis is ideaal vir besoekers wat die Laeveld wil verken. Die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek en Malalane-hek is onderskeidelik 15 en 30 km van Kierieklapper af met 'n teerpad. Die Krokodilbrug kan bereik word met 'n teerpad wat deur Komatipoort loop. Daar is 'n hele paar uitstekende gholfbane en restaurante in Malelane en Komatipoort. En Mbombela (Nelspruit) en Witrivier, 80 en 100 km van Kierieklapper af, het selfs nog meer doendinge. Kierieklapper River House kan jou voorsien van die kontakbesonderhede van interessante doendinge in die omgewing, soos olifantry, restaurante en die Jane Goodall Chimpanzee Sanctuary, om maar 'n paar te noem. Die Kruger Mpumalanga Lughawe is net sowat 80 km van Kierieklapper River House af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sonette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Krokodilstraat 457, Krugerwildtuin, Marlothpark bewarea, 1470, Mpumalanga
- Gaste dink Kierieklapper River House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 457, Krugerwildtuin, Marlothpark bewarea, 1470, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang