Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kiewiet

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofwegstraat 75, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kiewiet bied selfsorgverblyf aan 8 gaste in Struisbaai net 500 m vanaf die strand en die hawe.

Dié ruim huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die 1 badkamer het 'n bad en 'n stort en die ander badkamer het net 'n stort. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet of in die sitarea ontspan.

Daar is binne- en buitebraaigeriewe. Troeteldiere word toegelaat, mits dit vooraf gereël word.

Struisbaai het verskeie doendinge, soos visvang, kajakvaart, branderplankry, vlieërbranderplankry, pylstertkyk in die hawe en walviskyk tussen Julie en Augustus. Gaste kan ook die Quoin Point-vuurtoring in L'Agulhas of die Kaap Agulhas Vuurtoring Museum besoek. Daar is ook verskeie voetslaanroetes in die area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Steffi T
Gesin met klein kinders
5.0
Aangenaam en gemaklik. Netjies en skoon. Baie lekker gebly, dankie.
Sep 2024
Ebrahim P
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike tyd gehad in Struisbaai. Wens ons kon langer bly. Ek sal Kiewiet enige tyd aanbeveel. Die huis is netjies ingerig en ligging perfek. Dankie...
Sien meer
Mei 2023
Rochelle S
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies, naby winkels en restaurante. Ons was 'n groep van 7 mense. Die huis is mooi ingerig, skoon en netjies. Alles is daar wat mens kan beno...
Sien meer
Feb 2023
Brent R
Saam met vriende
4.8
Excellent. Will be there next year again. It's the 2nd time staying there. Perfectly positioned and inside braai. The host is perfect a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Shanice M
Gesin met tieners
4.8
Great and had such an awesome time. It was amazing, nearby everything.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Janneke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Hoofwegstraat 75, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kiewiet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofwegstraat 75, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe05fdce18ab5a6987f67838b6e6fcbb8de44d4e90b1982d65e68c86fb32a166529a4d2e77343c7314a80af9fa92efa321fb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 8 mense 28 5 1 5 75 Hoofweg Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.801256359862 20.053976279762

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang