Kiewietjie Cottages
Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kiewietjie-weg 17, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
-
Vanaf
R600R480 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kiewietjie Cottages skuil in die kusdorpie Sedgefield op die welbekende Tuinroete tussen George en Knysna.
Eenheid no 3 is 'n oopplan-woonstel met 'n dubbelbed en daar is 'n stapelbed op die toegeboude stoep. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak, en die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, braaipan, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, en braaigeriewe.
Eenheid no 2 is geskik vir 5 gaste (4 volwassenes en 1 kinders) en het 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n aparte toilet. Daar is ook 'n slaapbank vir 1 kind in die leefarea. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, braaipan, yskas/vrieskas, mikrogolf en tee- en koffiemaak geriewe toegerus. Daar is braaigeriewe buite. Gratis wifi asook TV met stroomdienste, youTube en Netflix ens
Gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Die TV en ligte sal tydens beurtkrag werk.
Kiewietjie Cottages is net 500 m vanaf die strand, winkels en restaurante.
Sedgefield se omgewing is 'n absolute paradys vir buitelugliefhebbers. Groenvlei-meer is 'n varswatermeer wat gewild is onder vissermanne, veral baarshengelaars. Verken gerus die fynbos, Lakeside, en woudwandelpaaie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Judy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 94
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kiewietjie-weg 17, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Kiewietjie Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Myoli Strand Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kiewietjie-weg 17, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang