Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kiewietnes

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boomplaats-laan 36, Hartenbos, 6505, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Kiewietnes is 'n knus selfsorgvakansiehuis wat in die hartjie van die kusgebied van Hartenbos geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n groep vriende of 'n groot gesin wat die skilderagtige Tuinroete wil verken aangesien dit net 240 m van die strand af geleë is.

Dié omheinde eiendom bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed sowel as 'n stapelbed. Daar is 2 leefruimtes wat elkeen 'n enkelbed het. Albei badkamers is toegerus met 'n bad, stort en wasbak.

Die kombuis het 'n volledig toegeruste stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die waskamer beskikbaar. Die ruim sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Langs die sitkamer is daar 'n etenstafel met sitplek vir 10 waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Buite die huis is daar 'n pragtige groen tuin en 'n binnehof met 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir gaste om rond te kuier en gehaltetyd saam deur te bring. Vir diegene wat van die strand af terugkeer, is 'n buitestort beskikbaar vir gaste om af te spoel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 9 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Bad
Badkamer 2

Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Kiewietnes
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Boomplaats-laan 36, Hartenbos, 6505, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kiewietnes het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boomplaats-laan 36, Hartenbos, 6505, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3af00841308f3571e79672cd3ffab1bcceb6bbcf9e493759007e24509fa35b30bf5f64537fab5f4b0496eb18898ce047be1c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 9) 3 5 1 5 36 Boomplaats Avenue Hartenbos 6505 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.132706237493 22.112279847831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang