Kifaru Kruger
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Okt 2024 tot 2 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 1813, Marlothpark, Malalane, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R700R595 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kifaru Kruger bied gerieflike oornagverblyf op die Krokodilrivier se oewer in Marlothpark, op die grens van die Krugerwildtuin. Dit is minder as 100 m vanaf die rivier geleë.
Verblyf word in 2 semi-selfsorgeenhede en 1 slaapkamer in die hoofhuis gebied. Die Elephant-kamer en Leopard-kamer is langs mekaar geleë en bied elk slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Buite op die stoep is daar sitplek en 'n draagbare braai in die tuin.
Lion-kamer is in die gastehuis geleë en het 'n klerekas, dubbelbed, teestasie, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die gemeenskaplike kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike kroeg, braai-area en sitkamer. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Wildspesies in Marlothpark sluit koedoes, sebras, kameelperde en 'n oorvloed voëllewe in. Gaste kan ook as hul gelukkig is die Groot 5 by die uitkykpunte of op 'n staptog langs die Krokodilrivieroewer sien.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Tiane Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Seekoeiweg 1813, Marlothpark, Malalane, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Kifaru Kruger het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeiweg 1813, Marlothpark, Malalane, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang