Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kihara Guest House

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barry De Kok-laan 22, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kihara Guest House is in die luukse buurt, Panorama in Bethlehem geleë. Dit bied gehalteverblyf vir sakereisigers, familiebesoekers en oornaggaste.

Dié gastehuis bied verblyf in 6 eenhede. Elke eenheid is individueel versier en beskik oor 2 driekwartbeddens of 'n dubbelbed. Elke eenheid het 'n privaat badkamer en kombuisgeriewe soos 'n mikrogolf, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Linne, handdoeke, elektriese komberse en WiFi is ingesluit. Komplimentêre items soos koffie, suiker, tee en melk, asook 'n daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Braaigeriewe en 'n wasgoeddiens is ook op versoek beskikbaar.

Elke eenheid het veilige onderdakparkeerplek agter 'n sekuriteitshek.

Bethlehem is sowat 90 km wes van Harrismith, 140 km oos van Kroonstad, 240 km noordoos van Bloemfontein en 30 km van Clarens af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Chantal V
Besigheidsreis
5.0
Meer as wat 'n mens nodig het vir 'n oornag plek. Dit sal nou my permanente tweede blyplek word elke maand. Waarde vir geld.
Aug 2024
Marlene F
Besigheidsreis
5.0
Gemaklik, skoon en netjies. Baie skoon en netjies. Sal beslis die gastehuis aanbeveel.
Feb 2024
Mark M
5.0
Good. Clean, neat and tidy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Marika C
5.0
'n Ware diamant - so rustig en die ligging fantasties. Sal verseker weer daar tuisgaan. Die ligging is perfek, diens en vriendelikheid was voorwaar ui...
Sien meer
Sep 2023
Aneske V
5.0
Uitstekende ligging en baie gerieflik. Perfek vir 'n naweek wegbreek of vinnige sakereis.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Joan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Barry De Kok-laan 22, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink Kihara Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barry De Kok-laan 22, Panorama, Bethlehem, 9701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg5M2I4MWM0LWU3N2ItNDI3NS1hZGU3LWMzN2JiOTk3Y2ZjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 22 Barry De Kok Avenue Panorama 9701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.230195 28.3284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang