Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Killassy House

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milnerstraat 4, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Killassy House is 'n pragtige vakansiehuis in die middel van Graaff-Reinet en is stapafstand vanaf plaaslike winkels en restaurante.

Die gebou is 110 jaar oud, en die dekor, toebehore en meubels is outentiek vir die oorspronklike huis, maar het 'n moderne aanslag. Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n lieflike kombuis en 'n leef- en eetkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n gastebadkamer met 'n bad, stort en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het gemaklike rusbanke met 'n TV, en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye kan geniet. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.

Aan die agterkant van die huis het gaste toegang tot 'n privaat vermaakarea met 'n ingeboude braai-area, buitelug-eetplek en sitplek, asook 'n sprankelende swembad.

Gewilde besienswaardighede naby Killassy House sluit verskeie museums, kerke en kunsgalerye in. Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet-sien en is slegs 14 km vanaf die dorp.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Killassy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Milnerstraat 4, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Killassy House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 3 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milnerstraat 4, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a7d78fcd898ad3a268fd3e22ae9a2d04fefe2b14b25d62a0d2f9b3255c5f2e015172de5c2c9e8c3d9f9792abc8c71f2103a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense 4 5 1 5 4 Milner Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.250698338012 24.532004613492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang