Kilmorna Manor Guest House
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kilmorna Manor Guest House, PTN 32 van Plaas 295 JT, Rietvlei, Schoemanskloof, Mbombela, 1207, Mpumalanga
- Vanaf R3 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kilmorna Manor is 'n unieke huis wat op 'n 208 ha-natuurreservaat in die malariavrye Schoemanskloof geleë is. Gaste kan gerus vanaf dié gastehuis op 'n daguitstappie Kaapsehoop, Dullstroom of Krugerwildtuin toe gaan.
Die Manor is 'n elegante gastehuis met 6 slaapkamers wat almal toegang bied tot die welige subtropiese tuin. Elke kamer is pragtig ingerig en skep 'n weelderige en rustige atmosfeer. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Behalwe 1 badkamer wat net 'n terapeutiese masseer-stort het, beskik elke badkamer oor 'n bad én 'n stort. Al die kamers het verhitte handdoekrelings. Die koninggrootte-hemelbeddens, en katoenlakens en -dekens maak van dié kamers die toppunt van weelde en elegansie. Elke kamer het ook DStv, 'n DVD-speler, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n yskassie. Daar is ook gaskaggels en elektriese komberse om die winterkoue af te weer.
Kilmorna Manor word omring deur ongerepte bosveld en spog met verskeie plantsoorte soos oeroue kwasterige bome, bedreigde broodbome en pragtige inheemse veldblomme. Kroonarende en bruinkopvisvangers word ook gereeld in dié omgewing gewaar. Gaste kan gerus deur die grasvelde gaan wandel of die bergpaadjies aandurf as hulle lus is vir 'n lekker avontuur. Dié paadjies bied asemrowende uitsigte oor die Schoemanskloof-vallei.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Laura-ann Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kilmorna Manor Guest House, PTN 32 van Plaas 295 JT, Rietvlei, Schoemanskloof, Mbombela, 1207, Mpumalanga
- Gaste dink Kilmorna Manor Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kilmorna Manor Guest House, PTN 32 van Plaas 295 JT, Rietvlei, Schoemanskloof, Mbombela, 1207, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering: