Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingfisher Cottage @ Beyond the Moon

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seven Passes-weg, Beyond the Moon-gasteplaas, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Kingfisher Cottage @ Beyond the Moon is 'n selfsorg-eenheid op die Beyond The Moon-gasteplaas aan die voorheuwels van die Outeniekwaberge op die Tuinroete. Dit is net 15 minute vanaf Wildernis se strande en 30 minute vanaf George. Die plaas is 24 ha groot en spog met 'n groot deel ongerepte, inheemse woud met 'n privaat staproete van 45 minute.

Die Kingfisher Cottage is een van verskeie verblyf-opsies. Dié kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en daar is 'n dubbelslaapbank en 'n enkelslaapbank in die sitarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die eetarea en sitarea waar daar gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV is.

Die kothuis lei na 'n stoep met sitplek en 'n braai-area onder 'n majestueuse treurwilgerboom wat dikwels vol wewervoëlneste is.

Die gasteplaas bied 'n romantiese wegbreek aan wittebroodpaartjies en is ideaal vir voetslaan, voëlkyk, fietsry, valskermsweef en sportgeleenthede. Dit het ook 'n gewilde oornagstop vir Overland-avonturiers en 4x4-entoesiaste wat Suid-Afrika verken geword.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelslaapbank
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 85

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Seven Passes-weg, Beyond the Moon-gasteplaas, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seven Passes-weg, Beyond the Moon-gasteplaas, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA24083642d26222e9ca95cb4261e12355a21e313de0f23ef60823f6aab429097cc13e8b7c45ac4d49a0c0f978b7b3701f82ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 5) Seven Passes Road Beyond the Moon Guest Farm 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.936150208207 22.665932178497

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang