Kingfisher Creek Cottage
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Guernsey-weg 14, Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 760 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Kingfisher Creek het 'n pragtige ligging, naby die Orpen-hek van die Nasionale Krugerwildtuin, die Panorama-roete wat die Blyderivier-canyon en die toeristebestemming, Hoedspruit insluit.
Kingfisher Creek is in Guernsey Privaat Natuurreservaat en bied gerieflike verblyf aan gaste op soek na 'n ontspanne wegbreuk uit die stad. Die voëllewe in die tuin is vollop en daar is 'n waterfonteintjie.
Gaste het 'n privaat boma met 'n uitisg oor die bosveld water en diere. Leeus kan soms vanaf Thornybush gehoor word. Gaste kan elke nag 'n skemerkelkie en die geluide van die natuur geniet.
Dié kothuis het 2 slaapkamers, elk met 'n privaat badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed.
Die leefarea en kombuis het 'n oopplan uitleg en is goed toegerus vir selfsorg. Die grasdak buite bied skadu en verseker dat gaste regdeur die jaar maaltye daar kan geniet.
Die privaat boma met 'n piekniekbankie, ingeboude braai, vuurput en sitplek. Die braai-area bied 'n uitsig oor die kameelperde, sebras, wildsbokke en buffels wat in die bosveld rondloop.
Gaste kan die diere by die watergat vanaf die boma dophou, asook sien hoe die son oor die reservaat sak met 'n glasie wyn in die hand. Snags sal die naggeluide gaste bekoor en leeus brul soms ook.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Ann Ellen Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Guernsey-weg 14, Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Kingfisher Creek Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thornybush Game Reserve Hoedspruit Limpopo
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Guernsey-weg 14, Guernsey Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang