Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

15 Kingfisher

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 31 Des 2024 tot 31 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 450 R1 305 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

15 Kingfisher is 'n selfsorg-woonstel in Velddrif, een van die klein vissersdorpies wat al langs die Weskus geleë is. Dit is slegs 'n paar kilometer vanaf die Bergriviermonding in die see by St. Helenabaai, en sowat 130 km vanaf Kaapstad.

Kingfisher is op die rivieroewer in die bekende Bokkomlaan geleë, net 'n minuut se stap vanaf die vishuise waar die plaaslike vissermanne bokkoms uitdroog. 'n Paar van die vishuise is opgeknap en in koffiewinkels en restaurante omskep.

Die eenheid is onlangs opgeknap en het slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Albei en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Verder is daar onbeperkte WiFi en 'n slim-TV.

Die knus leefarea het 'n kombuis en sitarea wat na 'n stoep en tuin met 'n uitsig oor die Bergrivier lei. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus. Daar is 'n braaidrom, maar gaste moet hul eie braairooster en houtskool saambring.

Die historiese Bokkomlaan met sy restaurant, koffiewinkel, kunsgallery en bootritte is op jou drumpel. Velddrif is die ideale plek vir besoekers wat die Weskus, Rocher Pan Natuurreservat, Weskuspark en die fossielpark wil verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Louisa V
Gesin met klein kinders
5.0
Majestic and fun! It is a beautiful flat with a nice layout for children to also have their own space. Peaceful and lots of birdlife. T...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Estelle N
Gesin met tieners
5.0
Perfek. Die eenheid was baie mooi, skoon en alles was perfek. Ons het baie lekker gekuier. Met die privaat jetty was dit ook baie lekker! Sal Kingfish...
Sien meer
Okt 2024
Mariaan S
Saam met vriende
5.0
Fantastiese verblyf. Wat 'n ongelooflike lekker verblyf. Plekkie is netjies en ek wou die bed steel. Slaap soos 'n droom. Stoep kyk uit op die lagoon ...
Sien meer
Okt 2024
Lynda K
Gesin met tieners
5.0
Very recommendable. We really enjoyed the location as we had never been to Velddrif before. It was well equipped with all essentials. C...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Corné F
5.0
Baie lekker gebly. Mooi uitsig direk op die rivier. Sien sterre.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lynn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink 15 Kingfisher het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf R1 450
R 1 450 R 1 305
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 450
R 1 450 R 1 305
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher Heads 15, Waterkantstraat, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36ff0bf14107035a68103b069d139a8cb13167b9173b5315c27ad77bfae18012ddd3047e9390e516e6be64547cf39fa86b6c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 450 nouVanaf R1 305 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 15 Kingfisher Heads Waterkant Street 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -32.78682432566 18.189140752466

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang