Kingfisher Post
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeistraat 2830, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kingfisher Post bied selfsorgverblyf naby die Krokodilrivier in Marlothpark. Die eenheid is op 'n wildreservaat wat grens aan die Krugerwildtuin en 4 van die Groot 5 kan hiér gewaar word.
Kingfisher Post is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers en lugversorging. Een van die kamers het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die ander slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 en suite-badkamers wat elk 'n toilet, stort en wasbak het en die derde badkamer het 'n hoekbad. Die 2 solderslaapkamers word via trappe bereik en deel 'n balkon. Die slaapkamer op die grondverdieping lei na 'n ruim leefarea met 'n eetarea, sitarea en kombuis.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekwarea en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na die oopplan-leefarea met 'n etenstafel met 8 stoele, pragtige uitsigte en nog sitplek voor die slim-TV. WiFi is ook beskikbaar. Die leefarea lei na 'n ruim stoep waar gaste lekker kan kuier en die sonsondergang bewonder.
Die eiendom het 24 uur-gewapendereaksie met genoeg parkeerplek en sluit onderdakparkeerplek in. Gaste kan ook die plonspoel en braai geniet. Die rivier is naby die huise en gaste kan die verskeie stap- en fietsryroetes verken. Marlothpark het ook verskeie restaurante en 'n gemeenskaplike swembad en waterpark wat gaste kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.1/5
Elize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Seekoeistraat 2830, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Kingfisher Post het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeistraat 2830, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang