Kingfisher's Nest
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Kingfisher's Nest bied verblyf in 'n stil area, Eden, in George. Dit is in die oostelike deel van die dorp, naby die Tuinroetedam en aan die voet van die Outeniekwabergreeks geleë. Dis die ideale verblyf vir gesinne of groepe vriende.
Verblyf word in 4 slaapkamers op die grondverdieping aangebied. Slaapkamer 1 het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Slaapkamer 2 het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat 4 gaste kan akkommodeer. Slaapkamer 3 en 4 het ook elkeen 2 enkelbeddens. Slaapkamer 2 en 3 deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Slaapkamer 4 het sy eie en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Ligte maak gebruik van 'n kragopwekker indien daar kragonderbrekings is. 'n Stroomboks en gratis optiesevesel-WiFi (50 mbps) is ook beskikbaar.
Kingfisher's Nest het ook 'n groot, toegeruste kombuis, 'n gerieflike sitarea, eetarea, groot stoep en 'n vuurmaakplek. Die kombuis is met 'n gasstoof en elektriese oond toegerus. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die kombuis het 6 kroegstoeltjies. Langs die kombuis is daar 'n opwaskamer met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n dubbelwasbak.
Die verblyf is toeganklik vir mense in rolstoele wat hulp het, hou egter in gedagte dat daar 1 klein trappie in die stort is en 2 trappies is wat vanaf die kamers na die kombuis/sitarea/eetarea lei. Daar is egter genoeg spasie vir rolstoele om te beweeg.
Dubbeldeure lei na 'n groot stoep met ingeboude braaigeriewe waar gaste die uitsig kan geniet. Veilige parkeerplek is agter elektroniese hekke beskikbaar.
Kingfisher's Nest is net 'n klein entjie se ry van verskeie winkels, restaurante, natuurreservate en strande af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Frank Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink Kingfisher's Nest het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Eden George George Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spreeustraat 9, Eden, George, 6529, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang