Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kinmel Guest Farm

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 23 Aug 2024 tot 13 Des 2024.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kinmel-plaas, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
  • Vanaf R600 R480 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kinmel Guest Farm is net buite die prentjiemooi dorpie Rhodes geleë en bied 'n uitsig oor die uitgestrekte velde aan die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge. Die plaas kan slegs via 'n grondpad bereik word.

Verblyf is beskikbaar in 2 aparte, gerieflike selfsorg-chalets wat apart of saam vir groter groepe of familie-vakansies bespreek kan word. Elke chalet het 3 slaapkamers, 2 vol badkamers, 'n toegeruste kombuis, 'n kaggel, en 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die uitgestrekte grasperk.

Kinmel Guest Farm is 'n werkende en aktiewe plaas. Die talle skape wat blêr dra by tot die plaas se rustige en verfrissende atmosfeer en die forel swem in die plaas se kristalhelder persoonlike deel van die Bellrivier, 'n kort entjie van die chalet af wat dit die ideale plek vir kunsvlieghengel maak.

Kinmel Guest Farm is ideaal in die hartjie van sekere van Suid-Afrika se mees besonderse bergpasse geleë. Dis naby die voet van Naude's Nek-pas en net 20 km vanaf die Tiffindell Ski-oord en die heuwel van Ben McDhui - die hoogste piek in die Kaap.

Gaste wat in die dag gaan stap kan moontlik 'n vlugtige blik kry van die bedreigde baardaasvoël, asook verskeie ander wild en skouspelagtige flora. Die aand bied ongeëwenaarde sterrekykery en in die winter kan die grasperk in 'n sneeubedekte sprokiesland ontaard.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Andre M
Saam met vriende
5.0
Wonderlike plek en ligging. Baie goeie diens en gasvryheid.
Des 2023
Paul V
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtig en rustig. Dis sowaar 'n rusplek vir siel en gees. Dankie aan Deon en Liana vir jul gasvryheid.
Jul 2023
Roy S
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing and comfortable. Great walk up the hill on the farm and has good access to Naudes Nek pass.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Jolett P
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik op die plaas, stil en rustig. Letterlik net buite Rhodes met mooi uitsig vanaf lekker groot stoep.
Jan 2023
Stefan H
Saam met vriende
4.8
Onopgesmukte plaasatmosfeer met voldoende geriewe. Die heerlike groot stoep met die pragtige uitsig en groot tuinstoele by die braai is heerlik. As jy...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kinmel-plaas, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kinmel Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rhodes Oos-Kaap
Vanaf R600
R600 R480
per nag, vir 2 mense
Vanaf R600
R600 R480
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kinmel-plaas, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA188d8480bb91c23384af9148d7a9e5f433bae4a51211c7f389d64609784b0771a0aca02c8810723195d57a5b0fc9e56192f4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R600 nouVanaf R480 per nag, vir 2 mense 91 5 1 5 Farm Kinmel Rhodes 9787 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.790373162158 27.977414131165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang