Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kirstenbos

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Anonieme gas
Kort verblyf
1.8
Mrt 2024

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Tiaan
Kirstenbos
Beste Alex Ek neem kennis van jou taksering en mening en is jammer dat jy so voel. Ek stel egter graag die volgende feite: 1. Ek het met jou aankoms verduidelik dat ons van boorgatwater gebruikmaak wat vanuit 'n tenk met 'n drukpomp na die huis toe gepomp word en dat die gasgeyser nie kan funksioneer tydens beurtkrag nie. 2. Tydens jou verblyf van 3 dae was daar net die eerste aand tussen 20.00 en 22.30 en die daaropvolgende oggende tussen 4.00-5.00 tydens beurtkrag nie warm water nie. 3. Aangesien die tenk op 'n 5m hoë stellasie staan was daar weens die werking van gravitasie egter ALTYD water beskikbaar gewees. 4. Alhoewel ek jou telkens gevra het of dinge regloop tydens jou verblyf het jy nooit enige aanduiding gegee dat jy 'n ongemaklikheid beleef nie, maar het jy gekies om die volle tyd te bly. 5. Dit is so dat ons nie van 'n kragopwekker gebruikmaak nie vir die 1-2,5 ure van beurtkrag nie aangesien dit die koste van die verblyf sou verhoog. 6. Ek merk dat jou gradering drasties verskil van ons vorige takerings, maar dat daar niks intussen verander het nie. 7. Ek staan egter nie onverskillig teenoor jou taksering nie, maar sal dink hoe ek jou terugvoer verder kan verreken. Vriendelike groete Tiaan Kirsten.

Santie V
1 nag
5.0
Feb 2020

Aangename verblyf. Ek en my dogter het 1 nag by Kirstenbos oorgeslaap. Die akkommodasie is skoon, netjies en veilig. Die gasheer is vriendelik en behulpsaam. Ek kan dit enige tyd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ria V
1 nag
5.0
Okt 2019

Ek het onmiddellik gemaklik gevoel by Kirstenbos. Die gasheer het my vriendelik ontvang. Die kamer was baie netjies, ruim en skoon. Die perseel is maklik toeganklik vir gaste en voorwaar 'n rustige atmosfeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nadine B
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Aug 2019

Stilste, rustige, skoonste gastehuis met die aangenaamste eienaars. My verblyf by Kirstenbos was baie aangeneem, van die gasvryheid van Tiaan, tot die stil omgewing en die netjiese en skoon kamers. Hierdie gastehuis word vir enige sakereisiger aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa F
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Vriendelike, rustige en gemaklike verblyf! Ons is baie hartlik ontvang deur die eienaar en gawe gasheer van Kirstenbos! Verblyf sluit ‘n heerlike en groot ontbyt in! Pragtig, rustig, skoon en netjies! Dankie, ons het lekker by julle gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hester S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2019

Fantasties. Ek bevel Kirstenbos met die grootste vrymoedigheid aan. Dit is in 'n lieflike area, baie veilig, stil, silwerskoon en met eg Namibiese gasvryheid. Goeie waarde vir geld. Die eienaars het uit hulle pad gegaan om seker te maak ons is gemaklik en dat ons niks kort kom nie. Kan dit absoluut aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thea V
1 nag Gesin met tieners
4.8
Apr 2019

It is a lovely guesthouse and we had a great stay. Kirstenbosch is a very stylish and beautiful guesthouse. It is located on a plot and is surrounded by trees and is therefore very quiet and peaceful. It is still very close to all shops and the university. It is lovely and we had a great stay there. Thank you.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronita F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2019

Tuiste ver van die huis. Kirstenbos is 'n baie aangename plekkie om te bly, jy voel dadelik tuis. Die gasheer is baie vriendelik en gasvry. Ons was vriendelik ontvang en die kamer was netjies skoon. Ontbyt was heerlik, lekker regte boeretroos koffie in die oggende. Perfekte tydjie daar gehad. Sal Kirstenbos aanbeveel vir enige iemand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Amanda D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2019

Sal Kirstenbos beslis aanbeveel! Pragtige, skoon kamers. Vriendelike ontvangs. Heerlike onfbyt.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Anjo V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Ons het so heerlik gebly in 'n pragtige plek met vriendelike gashere! Baie dankie Kirstenbos vir julle moeite met ons oorslaap. Ons het ons 21ste huweliksherdenking by julle in styl gevier! Julle plekkie is pragtig en julle stukkie bos is 'n lafenis vir die siel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R725
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paganinni-straat 33, Mooivallei, Potchefstroom, 2522, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8JAUHdmFxHFSAQ20u1edkBfCtPZqfNpbH623EvGFg6AXBPnlU3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R725 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 33 Paganinni Street Mooivallei 2522 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.689686747661 27.110398113728

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang