Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kites View Bed and Breakfast

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timavo-rylaan 33, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kites View B&B is in La Lucia in Umhlanga. Dié B&B is vernoem na die geelbekwoue wat gereeld in die omgewing opgemerk word. Ons bied vreedsame, gerieflike verblyf en maak voorsiening vir oorsese en plaaslike gaste wat na Umhlanga vir sake of vakansie reis. Ons is trots op ons diens, ons aandag aan detail en die persoonlike aandag wat ons aan ons gaste gee.

Kites View Bed and Breakfast het 4 luukse kamers met 'n balkon en fantastiese see-uitsigte. Sit gerus op die balkon en kyk hoe die geelbekwoue en ander voëltjies baljaar met 'n glasie wyn of lekker koppie koffie in die hand. Elke kamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed met perkallinne, 'n en suite-stort, lugversorging, toegang tot die balkon met 'n see-uitsig, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n platskerm-TV (32") met DStv, kroegie, yskas en kluis.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n volledige ontbyt, WiFi, drukkergeriewe, wasgoeddiens, lughawevervoer, toeriste-inligting en veilige parkeerplek in.

Daar is verskeie besienswaardighede in die omgewing. Die B&B is net 'n paar minute se ry vanaf Umhlanga Ridge Business Parks, Durban se Internasionale Konferensiesentrum, King Shaka Internasionale Lughawe, Umhlanga se hoofstrand, Ushaka Marine World, Midlands Meander, La Lucia Winkelsentrum en Moses Mabhida Stadion.

Doendinge in die omgewing sluit skermsweef, kanovaart, riviervlotvaart en reksprong in.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 107 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Lezanne B
Besigheidsreis
5.0
Ek reis gereeld vir werk en sal weer by Kites View Bed and Breakfast bly. Irene was 'n fantastiese gasvrou en het uit haar pad gegaan om in al my beho...
Sien meer
Apr 2024
Johrinda N
Besigheidsreis
5.0
Uitstekend. Irene was wonderlik, baie goeie gasvrou. Ek het my verblyf daar baie geniet en sal dit beslis aanbeveel.
Jan 2024
Lizette B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Home away from home. Ons is gul ontvang, die uitsig is pragtig, en die ontbyt was heerlik.
Jun 2023
Zander P
5.0
Dankie Irene en span, julle is puik. Ek het Sondagoggend 1 uur die oggend opgestaan en Irene was wakker met koffie en ontbyt sonder dat ek daarvoor...
Sien meer
Jun 2023
Leigh-ann M
5.0
Friendly, clean, convenient. Kathy was super helpful and friendly! The room was clean and comfortable. A really fantastic stay, I'll de...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Justin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 107

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Timavo-rylaan 33, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kites View Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Timavo-rylaan 33, La Lucia, 4051, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8407b642cf63df763b7481e35fa39764430378596b979701859c7d4633dc7e85842df93b324849816daf0c38286cd9094689?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 107 5 1 5 33 Timavo Drive La Lucia 4051 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.741591815473 31.058105528355

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang