Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klein Karoo Game Lodge

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Christiaan M
Kort verblyf
5.0
Jul 2024

Baie mooi plek met pragtige uitsig. Baie lekker en baie veilig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janice V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Enjoyable. Welcoming, comfortable, relaxing, peaceful.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johann
Klein Karoo Game Lodge
Hi Janice Baie dankie vir 'n lekker kuier. Ons maak weer so. Groete Nicola

Liz S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

A small, intimate game lodge very well worth a visit. We shall return. Great staff, comfortable chalet with a cosy braai area, lovely pool (sadly too chilly for a dip this time!) and a great dinner in the new restaurant. The setting was so peaceful. Sadly the roads were in a bit of a state, but there had been lots of very heavy rain so I'm sure that will be rectified soon.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Mrt 2024

Baie rusig, maar baie warm. Warm, duur en nie veel om te doen nie. Kan nie die plaaspaaie gaan ry nie en daar is nie baie wild nie, dus ook nie wildtitte nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Mariette D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Pragtige natuurskoon. Baie rustige blyplek en die atmosfeer en natuur is wonderlik. Ons het 'n kameelperd naby ons huisie opgemerk, wat die tyd daar ekstra spesiaal gemaak het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ansa V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2023

Mooiste omgewing en verblyf. Die omgewing is baie mooi en die stilte gee 'n mens weer lewe. Die diere is 'n bonus wat jy so naby kan sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liesel F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2023

Baie netjies en skoon. Die restaurant se kos was ongelooflik smaaklik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marzaan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Goed toegeruste chalet. Vriendelik ontvang, skoon en netjies met alles wat jy nodig het. Sterre is ongelooflik mooi. 'n Besoek werd!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Amore B
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Okt 2023

Ongelukkig nie soos verwag nie. Ons kla nie sommer oor verblyf nie en kyk gewoonlik verby klein goedjies wat dalk opduik - maar ons verblyf by Klein Karoo Game Lodge was regtig bitter swak. Ek is jammer dat ek hieroor moet kla, maar teen die prys wat ons betaal het vir die verblyf (afslag of nie) was dit regtig nie ideaal nie. Ons het nooit die kode van die eienaars ontvang om die sleutels by die hek te kry en die safe oop te maak om die sleutels te ontvang nie. Ons het dus vir 20 min buite die hek gestaan om die venue te probeer skakel, maar met swak opvangs in die area, het ons evensueel na 20 minute eers die receptionist in die hande gekry, die kode gekry en ingegaan. Ons het by ons plekkie aangekom en uitgepak en wou 'n warm stort vat want dit was koud en het gereën. Ons kom toe agter na nog 'n 20 minute gesukkel, daar is nie warm water nie. Het reception probeer bel, kon nie deurkom nie a.g.v. swak sein. Gelukkig dink my verloofde dit toe goed om om te stap. Ons sien toe dis 'n gasgeyser en die gasgeyser is nie geconnect nie. Na 'n gesukkel kry ons toe eventually reception in die hande en die dame sê toe sy stuur iemand uit. Na nog 'n halfuur, kom daar toe 'n maintenance man uit om die geyser te kom connect. Teen hierdie tyd lê ons in die bed en kyk TV vir die koue. Ons het ons planne om rond te ry gekanselleer omdat ons gewag het vir die maintenance man. Hy moes inkom om die water te check, so kon nie ons goed net alleen daar los nie. Hy was vriendelik en het gesê daar was 'n miskommunikasie. Evensueel na my verloofde hom gehelp het en die water heeltyd aan- en afgesit het, was die geyser connect. Die man is toe weg en ek probeer weer stort. Dus kom ons toe agter die water raak net louwarm. Gelukkig ken ons gasgeysers en my verloofde is toe weer agtertoe en ons kom agter die geyser was nooit gestel nie. Hy stel dit toe warm. Ons kom toe ook agter die drein is geblok en die water stoot op en die water loop by die kant onder die grond by die drein langs die husie uit. Teen die tyd is ek moeg gesukkel so los die stort en nie lus om weer te skakel dat dit uitgesorteer word nie. Nietemin het ons om 18h30 ingeklok by die restaurant vir aandete. Ons sê toe vir die manager/receptionist van die blokkasie. Sy sê toe hulle sal dit môreoggend uitsorteer. Later kom sy terug en sê dat die eienaar sê dis "normaal" en "aspris" so sodat die blommetjies kan water kry. Ons weet toe dadelik dit is net 'n verskoning want my verloofde doen maintenance en 'n geblokkeerde drein is beslis nie "aspris" so nie! Ons laat dit toe daar. Die kos was heerlik en die waiter baie vriendelik, maar moes lank wag vir die rekening en toe nog 'n verdere 10 minute by die counter gestaan en wag vir die waiter wat agter besig was in die kombuis. Terug by die kamer het ek gaan stort, die water het nie weggespoel nie en moes 'n handdoek voor die stort sit sodat die vloer nie verspoel nie. Daar is nie 'n deur voor die stort nie, so die handdoek moes maar doen. My verloofde het die oggend gestort en dieselfde roetine gevolg omdat die water nie in die stort dreineer nie. Lang storie kort, ons het die oggend uitgeboek en weer gesukkel om in te skakel sodat ek die kode kan kry om die sleutel in die safe te bêre soos ons uitry. Dit is 'n bittere mooi plekkie en sou dit nie vir die plumbing probleme wees, snaakse terugvoer en lankwag by die restaurant nie, sou dit werklik lekker gewees het. Maar vir die prys wat ons betaal het, verwag jy minstens dat die plumbing en geyser reg is. Dit behoort nie die gas se probleem te wees nie. Ek hoop werklik ons is die enigste gaste wat die ondervind het! Die buitelanders dink dalk dis normaal en dat hulle in die "wild" is, maar as locals wat wegbreek vir 'n naweek, was dit glad nie gerieflik nie. Ek wil sover gaan om te sê dat die venue ons eintlik 'n refund moet gee. Hulle het gevra vir 'n review, maar ek dink nie hulle wil ons ervaring op 'n publieke platform sien nie. Ons is baie jammer dat ons kla, maar ek voel werklik net, as jy jou hardverdiende geldjie gebruik om weg te breek, dan moet die "normale" goedjies soos warm water en plumbing darem in plek wees!

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Sandrine R
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2022

Very hot during our stay. It was OK but I will not go back again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Johann Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R62, 15 km vanaf Oudtshoorn na Calitzdorp, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3697853cf552b13a150463810838c9c204356506072bbd12d45adf3470303820d4a974ef047a7a570450e8b132abbe7052c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 R62 15 km from Oudsthoorn to Calitzdorp 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.586655 22.03542

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang