Klein Paradys Guest Farm
- Kapasiteit: 210 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Eerstebewoon-weg 33, Modimolle, 0510, Limpopo
- Vanaf R265 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Klein Paradys Guest Farm is in Nylstroom, Limpopo. Ons gasteplaas bied 'n rustige toevlugsoord in die bosveld. Ons karavaanpark skuil aan die voet van 'n koppie wat as agtergrond dien vir hierdie kalm, onverstoorde parkie.
Al die eenhede is losstaande en volledig toegerus vir selfsorgverblyf. Die eenhede het 1, 2 of 4 slaapkamers met dubbelbeddens of enkelbeddens en 'n slaapbank. Elke chalet het ook 'n kombuis met geriewe soos 'n stoof, mikrogolfoond, oond, 'n yskas, breekware en eetgerei. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Al die eenhede het privaat braaigeriewe. Daar is ook aangewese parkeerplekke.
Klein Paradys Gasteplaas is bekend vir sy verskeidenheid wilde vyebome, inheemse bome, ryk voëllewe en pragtige plantegroei. Ons het ook 'n klompie wildspesies hierheen gebring wat in die park besigtig kan word, soos blesbokke, rooibokke, sebras, blouwildebeeste en koedoes. Ander spesies wat gereeld gesien word sluit duikers, klipspringers, vlakvarke en bosvarke in.
Daar is pragtige wandelroetes in die omgewing wat gaste kan verken. Daar is ook skape en eende vir die kinders se genot. Daar is ook 'n binnenshuise verhitte swembad wat naby die winkel en dierkamp geleë is. Daar is ook 'n groot speelpark vir die jongspan, 'n veerpyltjiebord, pooltafel en tafeltennis.
Klein Paradys bied ook 'n wasgoeddiens aan. Konferensiegeriewe vir sakereisigers met sitplek vir 100 afgevaardigdes met bioskoop-styl sitplekke is beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Zelda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 279
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Eerstebewoon-weg 33, Modimolle, 0510, Limpopo
- Gaste dink Klein Paradys Guest Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 210 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Eerstebewoon-weg 33, Modimolle, 0510, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang