Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinberg

Wildsplaas

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Ebet Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 20

Op LekkeSlaap 3 jaar

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 6 resensies vir Kleinberg
Netheid
4.2/5
Diens
3.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
4.0/5
Mario F - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mario F

Wildskamp tussen suikerriet.

Netjiese verblyf geleë in 'n wildskamp op 'n klein heuwel tussen suikerrietlande. Meer as 16 km se paaie in die kamp wat te voet verken kan word vir wildkyk: njalas, impalas, kameelperde, sebras, blouwildebeeste.

Kleinberg se terugvoer

So bly julle het lekker gebly. Dit was ‘n fees om julle gesin as gaste te gehad het. Mooi bly.

Kleinberg
Emily E - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Emily E

Billik, maar nie die duur verblyf werd nie.

Skoon en ruim. Probleme: 1) Die deur sluit nie. 2) Hoekom verskaf jy koffie, tee en suiker, maar nie melk nie? Die dorp is ook nie om die draai nie en die pad nie goed genoeg om sommer te ry nie. 3) Die water is sleg, selfs al kook jy dit. Gebottelde water in die yskas is 'n moet. 4) Die stort is gevaarlik. Die stortkop funksioneer soos 'n kraan met een dik straal. Maak die warm water oop, dan drup-drup dit en ewe skielik spuit dit 'n stroom kokende water uit. Het ek daaronder gestaan, het ek sleg verbrand. Die verdeler werk ook nie. Net kokende water of yskoue water. Die warm water was ook binne 'n minuut op en moes ek seep probeer afwas met koue water.

Kleinberg se terugvoer

Beste Emily
Dankie vir jou sorgvuldige terugvoer oor ons verblyf.
Dit is ‘n selfsorg eenheid, ons vra omverskoning oor die cremora sakkie wat nie daar was nie.
Die deur sluit wel, dalk het jy net bietjie gesukkel, dit gebeur soms.
Die water is vars boorgatwater, die hele plaas gebruik dit en drink daarvan.
Jammer as die stort te warm was, ons gebruik ‘n gasgeyser.
Ons hoop die vergunning wat ons gemaak het om jou hond ook te huisves was dam op standaard?
Ons sal werk maak van al jou punte wat jy mooi uiteengesit het. Weereens, dankie vir jou terugvoer, dit word waardeer.
Vriendelike groete.
Kleinberg

Kleinberg
Carina R - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Carina R

Mooi plek, maar het so bietjie werk nodig om dit skoon en fantasties te maak.

Kleinberg is in 'n pragtige omgewing, maar daar was vlermuise-poep in die badkamer op die vloer en in die wasbak. Die internet het nie gewerk nie. Mooi plek, maar het so bietjie werk nodig om dit skoon en fantasties te maak.

Deryck S - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Deryck S

We stayed overnight en route to Sodwana.

We loved the solitude and peace. Loved the birds, especially all the cuckoos.

Rion P - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rion P

Mooi plek. Aanwysings op GPS verkeerd.

Geen warm water of seep. Oorweeg beskerming vir gasgeiser omdat wind vlam doodblaas.

Johann C - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Johann C

Stil en rustig. Pragtige uitsig.

Sou verkies dat die afstandbeheerders van die TV batterye het, die TV het nie gewerk nie. Verder is dit ’n pragtige oornagfasiliteit. Beveel dit vir seker aan!

Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Vanaf die N2, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7142507b2b7ea3367d37f401b4ce980428e59604d7ed5dbcf3323e50d1715d0fbffcf2dfd184e4e63fa1172bc062fc525c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag (plek vir 3) 6 5 1 4 Off the N2 Pongola 3170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-18:00 09:00 -27.349975185488 31.686983839573

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang