Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinberg

Wildsplaas

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Goed

Netheid
4.2
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.3
Veiligheid
3.8
Mario F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Mei 2023

Wildskamp tussen suikerriet. Netjiese verblyf geleë in 'n wildskamp op 'n klein heuwel tussen suikerrietlande. Meer as 16 km se paaie in die kamp wat te voet verken kan word vir wildkyk: njalas, impalas, kameelperde, sebras, blouwildebeeste.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Ebet
Kleinberg
So bly julle het lekker gebly. Dit was ‘n fees om julle gesin as gaste te gehad het. Mooi bly.

Emily E
1 nag
3.2
Jul 2023

Billik, maar nie die duur verblyf werd nie. Skoon en ruim. Probleme: 1) Die deur sluit nie. 2) Hoekom verskaf jy koffie, tee en suiker, maar nie melk nie? Die dorp is ook nie om die draai nie en die pad nie goed genoeg om sommer te ry nie. 3) Die water is sleg, selfs al kook jy dit. Gebottelde water in die yskas is 'n moet. 4) Die stort is gevaarlik. Die stortkop funksioneer soos 'n kraan met een dik straal. Maak die warm water oop, dan drup-drup dit en ewe skielik spuit dit 'n stroom kokende water uit. Het ek daaronder gestaan, het ek sleg verbrand. Die verdeler werk ook nie. Net kokende water of yskoue water. Die warm water was ook binne 'n minuut op en moes ek seep probeer afwas met koue water.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Ebet
Kleinberg
Beste Emily Dankie vir jou sorgvuldige terugvoer oor ons verblyf. Dit is ‘n selfsorg eenheid, ons vra omverskoning oor die cremora sakkie wat nie daar was nie. Die deur sluit wel, dalk het jy net bietjie gesukkel, dit gebeur soms. Die water is vars boorgatwater, die hele plaas gebruik dit en drink daarvan. Jammer as die stort te warm was, ons gebruik ‘n gasgeyser. Ons hoop die vergunning wat ons gemaak het om jou hond ook te huisves was dam op standaard? Ons sal werk maak van al jou punte wat jy mooi uiteengesit het. Weereens, dankie vir jou terugvoer, dit word waardeer. Vriendelike groete. Kleinberg

Carina R
1 nag Gesin met klein kinders
2.8
Des 2023

Mooi plek, maar het so bietjie werk nodig om dit skoon en fantasties te maak. Kleinberg is in 'n pragtige omgewing, maar daar was vlermuise-poep in die badkamer op die vloer en in die wasbak. Die internet het nie gewerk nie. Mooi plek, maar het so bietjie werk nodig om dit skoon en fantasties te maak.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Deryck S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2022

We stayed overnight en route to Sodwana. We loved the solitude and peace. Loved the birds, especially all the cuckoos.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rion P
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2021

Mooi plek. Aanwysings op GPS verkeerd. Geen warm water of seep. Oorweeg beskerming vir gasgeiser omdat wind vlam doodblaas.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Johann C
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Mei 2021

Stil en rustig. Pragtige uitsig. Sou verkies dat die afstandbeheerders van die TV batterye het, die TV het nie gewerk nie. Verder is dit ’n pragtige oornagfasiliteit. Beveel dit vir seker aan!

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Ebet Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 22

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Vanaf die N2, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7142507b2b7ea3367d37f401b4ce980428e59604d7ed5dbcf3323e50d1715d0fbffcf2dfd184e4e63fa1172bc062fc525c1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag (plek vir 3) 6 5 1 4 Off the N2 Pongola 3170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-18:00 09:00 -27.349975185488 31.686983839573

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang