Kleinbos Self-catering
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Speserylaan 43, Quaggafontein, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
-
Vanaf
R1 800R1 530 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Kleinbos Self-catering is 'n lieflike selfsorghuis vir 6 gaste op 'n kleinhoewe in Quaggafontein buite Bloemfontein en bied verblyf vir gesinne of sakereisigers in die area.
Die huis het 'n privaat ingang en beskik oor 3 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Daar is 'n dubbelbed in een van die slaapkamers en 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word in die 2 ander slaapkamers. Elektriese komberse word voorsien en daar is lugversorging in 2 van die slaapkamers.
Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Daar word koffie, tee, melk en 2 tipes ontbytpap voorsien.
Die sitarea het 'n TV met DStv en WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en gaste kan in die swembad afkoel. Parkeerplek is beskikbaar en 2 voertuie het toegang tot onderdakparkeerplek. Wasgoed kan op versoek teen ekstra koste gewas word en die huis word daagliks skoongemaak, behalwe Sondae.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Derene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 63
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Speserylaan 43, Quaggafontein, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Kleinbos Self-catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloemfontein NU Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Speserylaan 43, Quaggafontein, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang