Kleine Venesië
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterfront-weg, Tyger Quays 112, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kleine Venesië is ’n selfsorgeenheid in die Tyger Waterfront-area, naby die Tygervallei-winkelsentrum. Die eenheid front na die noorde en bied ’n asemrowende uitsig oor die water en die omliggende omgewing.
Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en bied verblyf aan tot 4 gaste (maksimum 3 volwassenes). Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ’n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Daar is ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n Nespresso-koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, potte, panne, breekware en 'n groot verskeidenheid kombuisgereedskap toegerus.
Die sitarea het ’n groot slim-TV met DStv en onbeperkte internettoegang. Daar is twee verwarmers. Die sitarea lei na ’n onderdakbalkon met gerieflike stoepmeubels, en daar is 'n gasbraai. Gas word voorsien.
Daar is 'n omsetter wat die gebruik van die TV en rekenaars moontlik sal maak tydens beurtkrag.
Daar is 2 onderdakparkeerplekke in die parkeerarea van die gebou, met 24-uur sekuriteit en toegangsbeheer.
Die eenheid is naby verskeie restaurante, inkopiesentrums en ’n gimnasium.
Die woonstel bied ideale verblyf aan sakereisigers, gesinne of toeriste.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Skoonheidskliniek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Joan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Waterfront-weg, Tyger Quays 112, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Gaste dink Kleine Venesië het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tygervallei Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterfront-weg, Tyger Quays 112, Bellville, 7530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang