Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinerivier Cottages

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kleinerivier Cottages is 2 selfsorg-eenhede, geleë op 'n werkende plaas wat tussen die Outeniekwa- en Kammanassieberge net langs die R62 geleë is, 75 km vanaf George, 85 km vanaf Oudtshoorn en 35 km vanaf Uniondale. Perfek vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, weg van die stad se gewoel.

Romeo is vrystaande en privaat, het een slaapkamer met twee enkelbeddens, wat ook in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis en eetarea is oopplan en geriewe ingesluit is 'n yskas en mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond asook ingeboude kaste om breekware en eetgerei te bêre. Die eetarea het 'n houttafel met stoele vir etenstyd. Romeo het ook braaigeriewe met hout wat voorsien word.

Royal Beaut is 'n losstaande eenheid wat beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n kombuis, 'n omheinde patio met braaigeriewe, 'n waterverhittingstelsel buite met 'n houtvuurdonkie in.

Die eiendom bied 'n verskeidenheid doendinge, pragtige fynbos-staproetes, bergfietsry, en fietsryroetes wat wissel van beginner tot meer ervare. Kleinerivier Cottages vorm deel van die Tuinroete Camino-roete af. Hierdie Pelgrimstog van Hoop-roete is 234 km lank en is 12 dae se stap.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Johann B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf in 'n pragtige omgewing met 'n vriendelike gasvrou. Dit is werklik 'n uitstekende blyplek, volledig toegerus, die mooiste omgewing...
Sien meer
Des 2023
Hanru D
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste ligging, rustig en goeie waarde vir geld. Daar is 'n kort grondpad tot by die eenheid, maar mens kan dit met 'n klein kar ry. Die eenheid het ...
Sien meer
Okt 2023
Luke P
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic farm for a quick stay or longer! We loved the views, kind owners and well equipped cottage. This time it was just a one night...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Sarel S
Saam met lewensmaat
4.8
Kan aanbeveel. Baie lekker wegbreek, in 'n historiese interessante streek. Huisie was skoon en netjies, en die eienaars het uit hul pad gegaan om die ...
Sien meer
Jan 2024
Johan N
Saam met lewensmaat
4.8
Uitstekend. Verblyf was uitstekend en was al die moeite werd. Ideale plek vir stilte.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kleinerivier Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 56, Noll, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07ba4ccbc49532140db11aa67021305a2a7dadcbf89f265c407d8722013a9654c357ae540ebb47e6080d0febadfc771bae26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Farm 56 Noll 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.774278146316 22.877950072289

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang